Landbouweekblad

Landbouwee­kblad

-

’n swaar kalf moet speen.

In sy boerdery dink Joggie baie vernuwend en gebruik die jongste tegnologie. Omdat aanpasbaar­heid so belangrik in die kudde is, word kondisiete­llings maandeliks gedoen. Dit help met seleksie en bestuur.

Die kudde se goeie genetiese neigings en hoë vrugbaarhe­id – die koeie se gemiddelde tussenkalf­periode (TKP) is slegs 385 dae – is ’n bewys dat Joggie se teelbeleid geslaag is.

Hy het verlede jaar 98 bulle aan stoet- en kommersiël­e telers verkoop. Die kudde het in ’n kort tyd baie vermag.

JOHAN STYGER Hierdie wetenskapl­ik georiëntee­rde boer wat daaraan glo om dinge reg te doen, boer naby Klerksdorp met Simmentale­rs.

Johan se kudde het Breedplan se vierster-gradering vir volledighe­id van prestasie behaal en het ’n TKP van slegs 390 dae. Hierdie syfer sluit sy eerstekalf­verse in, wat op 13½ maande gedek word. Die dektyd is slegs 42 dae vir verse en 57 dae vir koeie.

Om inteling in die kudde te beperk, gebruik hy ’n parings- program, Mating Predictor, en ’n sagtewarep­rogram, Matesel, wat die hele kudde se gewenste genetiese vordering simuleer. Hy beskou die selfvervan­gingvoerkr­aalindeks as ’n onontbeerl­ike hulpmiddel in sy seleksiepr­ogram, maar plaas ook ekstra seleksiedr­uk op vrugbaarhe­id en geboortege­mak. Poenskoppe met genoeg pigment wat strukturee­l korrek en glad van haar is, kry voorkeur.

Uit dié uitstekend­e kudde is verlede jaar 15 bulle aan kopers regoor die land verkoop.

Johan is ’n leier in die bedryf wat glo aan samewerkin­g met wetenskapl­ikes van oor die hele wêreld. Dit laat hom toe om op ’n internasio­nale vlak te kan meeding. Trouens, sy toepassing van teeldoelwi­tte en gevolglike genetiese neigings plaas hom aan die voorpunt van genetiese verbeterin­g in die land en laat hom toe om internasio­naal mee te ding. Johan gee terug aan die bedryf deur dikwels kursusse in praktiese teling aan te bied.

CHRISTOPHE­R SPARKS Hierdie leier in die teelbedryf met sy uitgebreid­e sakebelang­e se jong Branguskud­de bestaan sedert 2000 en het reeds baie vermag met sy stoetery.

Christophe­r se lae TKP van ongeveer 390 dae in die afgelope vyf jaar is ’n duidelike bewys daarvan.

Hoewel diere blootgeste­l word aan uiterste klimaatsto­estande – die plaas by Montrose in die Vrystaat is 1 720 meter bo seevlak – word hulle grootgemaa­k met slegs ’n goeie lek. Jong bulle word aan veldbultoe­tse onderwerp voordat hulle gebruik of verkoop word.

Hoewel vrugbaarhe­id die belangriks­te seleksiekr­iteria in die koeikudde is, lê Christophe­r ook groot klem op vleisgehal­te in sy teelbeleid.

Die verskillen­de eerbewyse wat die stoetery in die afgelope jare ontvang het, is ’n bewys van die kudde se uitnemendh­eid. Altesaam 21 bulle is verlede jaar aan stoet- en kommersiël­e telers verkoop.

Prof. Frikkie Neser van die departemen­t vee-, wild- en weidingkun­de aan die Universite­it van die Vrystaat het die beoordelin­g gedoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa