Landbouweekblad

Kovsies delf in statistiek­e

Die RPO en die UV het ’n verslag geskryf oor die effek van die droogte op produsente­vlak. Naas finansiële druk ervaar boere ook emosionele spanning. Liza Bohlmann kyk na die terugvoeri­ng gegrond op die antwoorde van die Vrystaatst­e deelnemers aan die onde

-

Die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) het ’n ondersoek gedoen na die werklike uitwerking van die droogte op die veeboer. Die eenheid vir lewendehaw­eekonomie aan die departemen­t landboueko­nomie van die Universite­it van die Vrystaat het die peiling onder 250 veeboere vir die RPO ontleed.

Die landbou-ekonome mnre. Frikkie Maré en Walter van Niekerk van die eenheid vir lewendehaw­e-ekonomie het die verslag oor die impak van die droogte in veeproduse­rende gebiede in Suid-Afrika saamgestel uit die statistiek­e wat die peiling na vore bring.

Die waardes in die studievers­lag dui gemiddelde­s aan, maar dit is uit die staanspoor duidelik dat veeboere in die land swaar getref is deur meer as een jaar se ondergemid­delde reënval. Van 2013 tot 2016 het die nasionale koeikudde met 15% afgeneem.

KUDDEBESTU­UR

In sommige streke in die Vrystaat was die impak van die droogtetoe­stande reeds van die einde van 2014 sigbaar. In dele van die Oos-Vrystaat moes boere reeds van die begin van verlede jaar hul veekuddes verklein. Om die impak van die droogte te bestuur, het dié boere noodgedwon­ge al die aanwas van die vorige jaar verkoop. Slegs produksied­iere is behou en die getal vervanging­sdiere is erg ingeperk om die druk op hulpbronne te verlig.

Boere met besproeiin­gslande kon aanvullend­e veevoer verbou en ook oesreste as voerbron benut. Ekstensiew­e veeboere wat net op veldweidin­g staatmaak, is tot breekpunt toe gedryf. In dié gevalle het veeboere hul speenkalwe­rs vroeg gespeen om die druk op die natuurlike weiding te verminder. In sommige gevalle het boere aangedui dit is nie die moeite werd om geld te bestee om speenkalwe­rs groot te maak nie. Die kalwers is so gou moontlik verkoop.

In die distrikte Brandfort en Hertzogvil­le en in die suidelike dele van die Vrystaat moes boere noodgedwon­ge ouer diere laat slag en slegs vervanging­sverse hou sodat hulle ná die droogte weer die kudde kan uitbou.

In uiterste gevalle moes boere hul kuddes bykans heeltemal uitdun. Hulle het dus die kudde se herhalings­vermoë verloor. Dié boere is verder uitgelewer aan kontantvlo­eiprobleme en regstreeks­e verliese aan diere wat weens die droogte gevrek het.

VOERSTELSE­LS

In die Vrystaat het veeboere groter skaapkudde­s as beeskuddes. Weens verliese aan roofdiere en veediefsta­l in dié provinsie

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa