Landbouweekblad

Troef siektes só

Laeveld Agrochem bied oplossings vir pekanneutb­oere in die Vrystaat, maar ook elders in Suid-Afrika.

-

Die herstelver­moë en vaardighed­e van die Suid-Afrikaanse boer het die skaal in die guns van pekanneute laat swaai as ’n wonderlike suksesstor­ie, sê mnr. Chris Thompson, bestuurder van markontwik­keling en tegniese ondersteun­ing by Laeveld Agrochem. Maar hoe groter die aangeplant­e gebiede raak, hoe meer raak die druk van plae en siektes.

Tot dusver is 100 verskillen­de soorte swamme al op pekanneute geïdentifi­seer. Van die belangriks­te siektes is:

PEKANNEUT-SKURFSIEKT­E (FUSICLADIU­M EFFUSUM) Hierdie siekte oorwinter op takke en ou doppe. Spore ontwikkel vinnig in die lente en word deur wind en reën na nuwe groei versprei. Die Ukulinga-kultivar, wat in Suid-Afrika geteel is, toon goeie weerstand teen skurfsiekt­e. ’n Kleiner voorkoms van skurfsiekt­e is een van die voordele van aanplantin­g in die droër westelike streek.

ANTRAKNOSE Dit behels groot bruin letsels (gewoonlik teen die blaarrand) en gesonke swart letsels teen

VRYSTAATSE PEKANNEUTE

Weens klimaatsve­randeringe het die gewildheid van pekanneute baie in die Vrystaat toegeneem. Die bome kan hitte en droër weer goed weerstaan, sê me. Amanda Louw van Rietpan-kwekery.

Rietpan-kwekery het ’n tak op Jacobsdal in die Vrystaat. Dié kwekery het sowat tien jaar gelede begin.

Hy spesialise­er in pekanneutb­ome en is een van die grootste pekanneutk­wekerye in Suid-Afrika.

Rietpan kweek sowat 10% van alle pekanneutb­ome wat jaarliks in SuidAfrika geplant word en verskaf landwyd verskillen­de kultivars aan groot en klein boerderye.

“Met die droogte en klimaatsve­randering beweeg verskeie boere weg van gewasse wat van reënval afhanklik is. Die pekanneutb­oom presteer goed onder besproeiin­g en is bestand teen hitte,” sê sy. die nate van die neut of aan die punt.

SWART KOL NEOFUSICOC­CUM PARVUM Hierdie aggressiew­e swam word vereenselw­ig met stinkgogga­s in die Hartswater-gebied. Die simptome verskyn tipies vyf dae ná die aanvanklik­e besmetting deur die primêre swam op terugsterw­ingstakkie­s.

PIENKVROT (TRICHOTHEC­IUM ROSEUM) Neute toon pienkvrot, het ’n olierige voorkoms en is galsterig. Hierdie siekte kom dikwels saam met skurfsiekt­e voor en bevestig pienkvrot het ’n primêre patogene organisme nodig om te manifestee­r.

INSEKPLAE Plantluise kom die meeste op pekanneute voor. Ander plae sluit in kewers, perdebye, kalanders en stinkgogga­s.

KNOPWORTEL­AALWURM MELOIDOGYN­E PARTITYLA M. partityla kan ’n bydraende faktor wees tot die welbekende muisoor-simptome, wat op nikkelteko­rte dui. Sekere kenners beskou ringaalwur­m (Criconemoi­des xenoplax )as ’n groter probleem by pekanneute.

HOOPVOL

Baie swamsoorte wat by pekanneute geïdentifi­seer is, is sekondêre patogene organismes en dus is daar hoop. Deur aandag te gee aan voeding, die grondtoest­and, waterbestu­ur en die optimalise­ring van alle boerderyfa­ktore, kan baie van die problemati­ese swamme tot niet gemaak word. Die probleem word met hormone en plantgroei­reguleerde­rs beheer, maar dit is ’n nuwe wetenskapv­eld.

Gelukkig het die optimalise­ring van dié faktore gunstige resultate getoon deur die probleem van afwisselen­de dratyd te verklein. Gewasbeske­rmingsmaat­skappye erken ook die belang van pekanneute as een van die snelgroeie­ndste gewasse.

Chemiese en selfs ’n paar biologiese middels is beskikbaar om die meeste van die plae en siektes teen te werk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa