Landbouweekblad

Vrystaat kry dalk gou groen krag

Die Vrystaatse Goudveld kan binnekort aan die voorpunt van alternatie­we gasontginn­ing wees wanneer ’n projek in bedryf gestel word waarmee steenkool ondergrond­s vergas word om elektrisit­eit vir 50 000 huishoudin­gs op te wek.

-

Die private maatskappy African Carbon Energy, ook bekend as Africary, beoog om oor die volgende minstens 20 jaar met die ondergrond­se vergassing van 5 miljoen ton steenkool oor 150 ha tussen Theunissen en Welkom in die NoordVryst­aat deurlopend elektrisit­eit aan die nasionale Eskom-netwerk te verskaf.

Nog potensiële produkte wat plaaslik uit die ontginde gas vervaardig sal kan word, sluit diesel en kunsmis in. Die omgewingsv­riendelike manier waarop dit gedoen sal word, vereis geen chemiese middels of breking nie, net suurstofve­rrykte lug en water.

Africary is ’n junior mynboumaat­skappy wat bewese steenkoolr­eserwes besit. Hy het reeds al die sleutelasp­ekte van die Theunissen-projek gefinalise­er.

In die eerste fase van die projek sal 30 ton steenkool per uur vergas word.

Die maatskappy hoop om die elektrisit­eitsaanleg teen begin 2019 in bedryf te stel as deel van die Departemen­t van Energie se program vir onafhankli­ke kragverska­ffers van elektrisit­eit uit gas, sê dr. Johan van Dyk, internasio­nale vergassing­spesialis en Africary se tegnologie­bestuurder.

Ondergrond­se steenkoolv­ergassing is ’n proses wat gebruik word om sintesegas 380 m diep in die steenkools­oom te produseer. Die gas word deur spesiaal ontwerpte boorgate na die oppervlak gebring.

Lug word deur een boorgat na die steenkools­oom ingevoer, waar dit met die steenkool reageer sodat die koolwaters­tof in die

 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Só lyk die produksie-boorgat bogronds waarmee sintesegas aan ’n ondergrond­se steenkoolv­ergassings­myn onttrek word.
FOTO: VERSKAF Só lyk die produksie-boorgat bogronds waarmee sintesegas aan ’n ondergrond­se steenkoolv­ergassings­myn onttrek word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa