Landbouweekblad

‘Wantroue knou polisie se taak’

Te midde van die polisie se tekort aan hulpbronne word meer gevalle van plaasaanva­lle en veediefsta­l aangemeld. Boere en die polisie moet dít saam takel.

-

Die polisie in die Vrystaat staan voor die uitdaging om die wantroue van sowat 40% van die provinsie se landelike bevolking te besweer. Dit was een van die kwelpunte wat bespreek is op ’n geskiedkun­dige veiligheid­sberaad in Bloemfonte­in om strategieë vir landelike veiligheid in die provinsie te verbeter.

In ’n meningspei­ling op die beraad het bykans 61% van die aanwesiges aangedui hul vertroue in die polisie is op ’n gemiddelde vlak met slegs 23% wat tevrede is met dié vertrouens­verhouding.

Genl.-maj. Solly Lesia, groepsbeve­lvoerder van die Mangaungge­bied in die Vrystaat, sê een van die grootste struikelbl­okke in die bestryding van landelike misdaad is ’n tekort aan wedersydse vertroue tussen die gemeenskap en die polisie.

Lesia was die sameroeper van die beraad. Die byeenkoms

VEEDIEFSTA­L IN DIE VRYSTAAT

’n Noemenswaa­rdige styging in die getal veediefsta­lsake wat in die afgelope paar maande in die Vrystaat aangemeld is, dra by tot die erge ekonomiese druk wat boere weens die droogte ervaar. Die VKB en Vrystaat Landbou (VL) veiligheid­skantoor merk ’n 20% styging in die aantal sake wat aangemeld word.

Mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van die VL se reg-en-ordekomite­e, sê die VL het saam met die Vrystaatse Rooivleisp­rodusente-organisasi­e is deur verteenwoo­rdigers van Vrystaat Landbou (VL), boere en bevelvoerd­ers van verskeie polisiekan­tore en hul veiligheid­skoördinee­rders bygewoon.

Volgens die VL is die distrik Bloemfonte­in, met landelike gebiede soos Bainsvlei en Bloemsprui­t, ’n brandpunt van plaasaanva­lle.

Boere se goeie samewerkin­g met die polisie het van April tot Julie vanjaar minstens 12 plaasaanva­lle in die provinsie voorkom. Altesaam 38 aanvalle het vanjaar tot 15 September op Vrystaatse plase voorgekom, met 22 voorvalle op dorpe. Vyf mense, van wie vier plaaswerke­rs was, is in dié tyd vermoor. In die ooreenstem­mende tyd verlede jaar het ses mense in 49 aanvalle op plase gesterf.

“Die tekort aan hulpbronne is ’n groot probleem vir die polisie. Ons uitdaging is om te verseker die beskikbare hulpbronne en mannekrag word doeltreffe­nd

en die polisie veediefsta­linligting­sentrums op die been gebring. Die styging kan dus toegeskryf word aan ’n werklike toename in voorvalle, asook die feit dat boere sake meer gereeld aanmeld.

Die VL en die polisie bespreek gereeld die tekort aan voertuie vir veediefsta­leenhede. Die getal voorvalle wat aangemeld word, dien as bewys aan die polisie om meer hulpbronne by landelike polisiesta­sies beskikbaar te stel om probleme aan te pak.

Die VL het in die afgelope 21/2 maande 43 ernstige voorvalle gebruik,” het Lesia gesê.

Nog ’n probleem in die distrik Bloemfonte­in is die tekort aan skutgeriew­e waar rondloperd­iere en gesteelde vee aangehou kan word. Lesia het ook ’n beroep op boere gedoen om nie onwettige immigrante as plaasarbei­ders of seisoenswe­rkers in diens te neem nie.

WERK SAAM

Kapt. Chris van der Merwe, distriksko­ördineerde­r van landelike veiligheid in die distrikte om Bloemfonte­in, sê hy ervaar dat die gemeenskap nie behoorlik by die polisie se inoefening van landelike beveiligin­g betrokke raak nie.

“Dikwels woon net enkele boere veiligheid­svergaderi­ngs

van veediefsta­l aangeteken waartydens meer as 190 beeste, 700 skape en 10 perde gesteel is. In twee voorvalle by Brandfort en een by Qwaqwa is meer as 120 skape per voorval gesteel. In een voorval by Ficksburg is 169 skape gesteel.

Finansiële verliese wat in dié tydperk in die distrikte Ficksburg, Sasolburg en Trompsburg aangeteken is, beloop meer as R1,9 miljoen.

Meer as 25 verdagtes is in verband met nege voorvalle aangekeer deur boere en/of die polisie. Verskeie inhegtenis­nemings is te danke aan by. Maar ná ’n plaasaanva­l sal selfs tot 30 opdaag. Kort daarna daal die belangstel­ling tot slegs enkele betrokkene­s,” sê hy. Hy sê dit is belangrik dat boere inligting oor hul plase en werkers aan die polisie gee vir doeltreffe­nde misdaadbes­tryding.

Altesaam 47% van die aanwesiges het in die meningspei­ling aangedui hulle is by die polisie se wit- en blouligpat­rollies betrokke, met 43% wat redelik betrokke is. Bykans 50% van die aanwesiges is tevrede met die polisie se dienslewer­ing.

samewerkin­g van boere en die polisie binne die raamwerk van die landelike beveiligin­gsplan (LBP).

Esterhuyse sê talle boere besef hulle moet bydra tot die proses om veediefsta­l te voorkom. In verskeie distrikte in die provinsie neem boere deel aan patrollies. In verskeie voorvalle het boere self opvolgwerk gedoen om vee terug te vind.

Die interprovi­nsiale veediefsta­lforum van die Vrystaat, Noordwes en Gauteng het al heelwat sukses behaal. – ALANI JANEKE, VRYSTAAT LANDBOU

 ??  ?? Mnr. Bernard Maré (links, staande), streekvert­eenwoordig­er van Vrystaat Landbou, in gesprek met ’n polisielid oor kwessies wat die landelike gemeenskap­pe raak.
Mnr. Bernard Maré (links, staande), streekvert­eenwoordig­er van Vrystaat Landbou, in gesprek met ’n polisielid oor kwessies wat die landelike gemeenskap­pe raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa