Landbouweekblad

PRODUSENTE KOU HARDE BENE

-

Hoenderboe­re moet vanjaar kop bo water hou te midde van groot stygings in voerpryse, lae stygings in produsente­pryse, ‘n groot toename in ingevoerde hoendervle­is en ‘n nuwe pekelperk van 15% vir stukke aan die been.

Die produsente­prys in die eerste kwartaal vanjaar was gemiddeld R18,13/kg – 3,6% laer as in die vorige kwartaal en 0,8% hoër as in die eerste kwartaal verlede jaar.

Die invoer van stukke aan die been het luidens ‘n verslag van die SA Pluimveeve­reniging (SAPV) in die eerste sewe maande van vanjaar met 41,3% gestyg vergeleke met die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar.

Verlede jaar as geheel is 192 390 ton stukke aan die been ingevoer, met ‘n vry-aan-boordwaard­e van R2,72 miljard. Dit was 22% meer as in 2014.

In die eerste ses maande van vanjaar het die meeste ingevoerde pluimveepr­odukte uit Brasilië gekom (43,2%), terwyl invoer uit Europese lande saam 45,5% verteenwoo­rdig het.

Kragtens ‘n ooreenkoms om Suid-Afrika deel van die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa) te hou, mag sowat 5 400 ton Amerikaans­e hoenderstu­kke aan die been Suid-Afrika maandeliks sonder teenstorti­ngstariewe binnekom.

Van Februarie tot Julie is onderskeid­elik egter 2 299 ton, 6 906 ton, 807 ton, 1 238 ton, 2 398 ton en 1 746 ton van Amerikaing­evoer. –CARIENKRUG­ER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa