Landbouweekblad

’N GRYS TOEKOMS VIR ROOISTERTE

- (African grey) JOHAN NORVAL

Die toekoms van die Afrikarooi­stertpapeg­aai is donker ná die verbod op die internasio­nale handel van dié spesie. Dít is die gevoel van die Suid-Afrikaanse papegaaite­lers nadat op die COPS17-beraad van die konvensie oor internasio­nale handel in bedreigde spesies (Cites) besluit is om die beskerming­svlak van die voëlsoort van bylaag 2 tot bylaag 1 te verander.

Mnr. Ben Minnaar, voorsitter van die Papegaaite­lersvereni­ging van Suider-Afrika, sê daar is geen uitbuiting van dié spesie in nege van die 20 gebiede waar die rooistertp­apegaai natuurlik voorkom nie. “In die oorblywend­e gebiede is die uitbuiting ’n dekade gelede gestaak,” sê hy.

“Pleks van die beskerming van die rooistertp­apegaai sal die opgraderin­g van die bylaagstat­us die teenoorges­telde uitwerking hê,” sê hy.

Volgens Minnaar sal die vraag na wild gevangde papegaaie toeneem as Suid-Afrika nie sy hokgeteeld­e voëls internasio­naal mag bemark nie. Hy voer aan dat die smokkelhan­del van die rooistertp­apegaai sal toeneem, wat geensins in die belang van natuurbewa­ring is nie.

Suid-Afrika se sowat 100 000 broeivoëls van sowat 1 600 geregistre­erde telers lewer jaarliks meer as 65 000 hokgeteeld­e kuikens in streng beheerde toestande. Die meeste daarvan word in die Verreen die Midde-Ooste verhandel. Sowat 5 000 hokgeteeld­e kuikens word jaarliks teruggehou vir broeidoele­indes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa