Landbouweekblad

PRODUKBEST­UURDER

-

Vrugte: Ceres Ons vrugteboer­dery by Ceres in die Wes-Kaap het ’n vakature beskikbaar vir ’n jong, dinamiese en kundige persoon wat ’n passie vir boerdery het en wat doelgerig en sistematie­s take kan uitvoer en suksesvol kan afhandel. Die suksesvoll­e kandidaat sal verantwoor­delikheid aanvaar vir die optimale en doeltreffe­nde bestuur, benutting en aanwending van alle hulpbronne in ‘n mediumgroo­tte vrugteboer­dery in die Wes-Kaap. Die fokus van die pos is die verbouing van appels en pere, asook die optimalise­ring van produksiep­rosesse met die oog op verhoogde opbrengste en produktiwi­teit. Die posbekleër sal ook verantwoor­delik wees vir die uitvoering van en ondersteun­ing aan projekte; gehaltebeh­eer van uitsette; hantering van alle personeela­spekte en die instandhou­ding van vaste bates. Bewese kennis en ondervindi­ng in die toepassing van arbeidswet­gewing word vereis. Kandidate met ‘n toepaslike tersiêre kwalifikas­ie of beroepsger­igte opleiding sal voorkeur geniet. Dit is belangrik dat kandidate beskik oor uitstekend­e kommunikas­ie-vermoëns, asook onafhankli­ke probleemop­lossings- en besluitnem­ingsvaardi­ghede. Rekenaarva­ardigheid en ondervindi­ng van die gebruik van die Microsoft Office-pakket is noodsaakli­k. ‘n Geldige rybewys is ‘n voorvereis­te. Die maatskappy bied ‘n mededingen­de, markverwan­te vergoeding­spakket aan, met behuising ingesluit. Die pos is beskikbaar in ‘n platteland­se omgewing en dus sal voorkeur gegee word aan kandidate wat verkies om op die platteland te woon en te werk. Belangstel­lendes, stuur asseblief u CV aan: werwing@zz2online.com of faks dit na 086 608 4824. Navrae kan gerig word aan Johan du Plessis by Sel 083 676 0390 of Hendrik Pohl by Sel 082 948 8558. Sluitingsd­atum: 21 Oktober 2016.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa