Landbouweekblad

DIE REËN BLY WEG

- MARLEEN SMITH

WARM en droë toestande kan tot die einde van die jaar oor die grootste deel van die land voortduur, wys die nuutste voorspelli­ngs. Die SA Weerdiens se seisoensvo­oruitskou-kaarte vir die drie maande tot einde Desember wys duidelik die groot waarskynli­kheid dat ondergemid­delde reënval en bogemiddel­de temperatur­e in dié tyd oor bykans die hele land kan heers.

Nadat die super-El Niño, wat Suid-Afrikaners steeds onder ’n rekorddroo­gte laat steier, vroeër vanjaar uiteindeli­k die wyk geneem het, het die aanvang van die somerreënt­yd nog net teleurgest­el.

Landbouwee­kblad In talle gebiede is nog geen reënval aangeteken nie. Waar dit wel gereën het, was die neerslae bitter skraps.

Van die hoogste totale sedert September in die belangriks­te droëland-somersaais­treke was minder as 30 mm. By Bethlehem se weerstasie is 19 mm sedert September aangeteken, by Harrismith, Senekal en Davel 14 mm, by Sannieshof 9 mm, by Balfour 12 mm, by Carolina 10 mm, by Ermelo 27 mm, by Irene 13 mm, by Ogies 12 mm, by Piet Retief 20 mm en by Standerton 27 mm.

Intussen vervaag die hoop op ten minste ’n swak La Niña wat teen Suid-Afrika se somer verligting kan bring. Die meeste internasio­nale klimaatmod­elle wys die ENSO-indeks, wat die stand van La Niña of El Niño aandui, gaan waarskynli­k tot die einde van die somer neutraal bly.

Net twee van die agt modelle dui op ’n moontlike kortstondi­ge, swak La Niña teen die einde van vanjaar.

LAAG

Die kommersiël­e weervoorsp­ellingsdie­ns AccuWeathe­r beaam diefeitdat­diekansskr­aalisdat die La Niña waarop gehoop is, vanjaar gaan materialis­eer.

La Niña word gekenmerk deur buitengewo­on lae seetempera­ture in die sentrale en oostelike Stille Oseaan. Toe die afgelope super-El Niño in Junie ten

einde geloop het, het voorspelle­rs begin uitkyk vir toestande gunstig vir die ontwikkeli­ng van La Niña in die lente en somer, wat dikwels met bogemiddel­de reën in Suid-Afrika se somerreëng­ebied gepaardgaa­n.

Die Stille Oseaan-seetempera­ture moet egter vir vyf agtereenvo­lgende tydperke van drie maande elk ten minste ’n halwe graad Celsius of meer onder die gemiddelde wees voordat La Niña amptelik heers, verduideli­k AccuWeathe­r.

Voorspelle­rs meen nou daardie kriteria gaan waarskynli­k nie vanjaar gehaal word nie.

Accuweathe­r berig daar is wel nog ’n kans van rondom 30% dat ’n amptelike La Niña wel later hierdie seisoen verklaar word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa