Landbouweekblad

Die rivierbul

-

’n leeu sou wou rus. Takke het skielik skaars 50 m voor my gekraak. Net toe ek vassteek, knal dit weer soos ’n groot tak breek. Ek het met kloppende hart geluister. ’n Alleenlope­r-olifant was iewers voor my besig om ontbyt te geniet. ’n Wye ompad het my verby die grootvoet geneem en toe kon ek weer op die njalabul konsentree­r.

LANK ONTWYK

Dit was amper middag toe ek hom vir die eerste keer sien. Uiteindeli­k . . . nadat hy my die hele vorige dag ontwyk het.

Teen dié tyd het ek aan die ander kant van die rivierbedd­ing gesit en teruggekyk na die oewer waarlangs ek vroeër die oggend gestap het. ’n Spatsel geel het die bul se teenwoordi­gheid in die donker skadu’s op die oewer verraai. Njalabulle se onderbene is heldergeel en dít is wat my oog gevang het toe ek die oewer deur my verkyker dophou.

Hy was ’n paar honderd meter links van my en het na ’n vlak poel naby die seekoeigat­e gemik. Ek het gewag tot hy klaar gedrink het en toe boslangs op die verste oewer nader beweeg. Toe ek weer kyk, het die ou bul in my rigting begin stap en oomblikke later in die digte riete op een van die eilande verdwyn.

My enigste opsie was om in die son langs ’n yl doringboom­pie te sit en wag. Ná ’n volle twee uur, toe dit gevoel het of die son my lyf al biltong gekaiing het, het die afhoringbu­l sy neus uit die riete gesteek.

Hy het dwars voor my verby gestap op die eiland en toe hy in ’n opening was, het ek saggies na hom geroep. Toe hy gaan staan, het die kruishaar op sy blad vasgesteek en oomblikke later het ek die sneller gedruk . . .

Tyd het sy ou lyf verinnewee­r en sy tande was stomp geslyt. Dit was die regte bok om te skiet. Toe ek by die ou veteraan kniel, het ek geen vreugde gevoel nie, geen gevoel van sukses nie. Ek het gedink aan die pad wat ons almal eendag moet stap en weer eens besef dat ons die lewe moet lééf voordat Vader Tyd ons treë begin korter maak.

Koos Barnard is redakteur van SA Jagter.

 ??  ?? Die ou afhoring-njalabul het die skrywer lank ontwyk. Uiteindeli­k was dit sy geel bene wat hom verklap het.
Die ou afhoring-njalabul het die skrywer lank ontwyk. Uiteindeli­k was dit sy geel bene wat hom verklap het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa