Landbouweekblad

Dié familie bied gehalte

Met tevrede kliënte en personeel wat in dié ondernemin­g glo, is Ellaton Mining Supplies & Signs al dekades lank suksesvol.

- Webwerf:

Ellaton Mining Supplies & Signs is ’n familie-ondernemin­g in Klerksdorp wat al 53 jaar bestaan. Hulle het uitgebrei van ’n vervaardig­er van padtekens na ’n ondernemin­g wat kan voorsien in die behoeftes van die slagter, sakeman, sportklub, boer en huisvrou.

Heinrich Raath, Henda Jordaan en Estelle Prinsloo, ’n broer en susters, het die maatskappy sedert 1989 stuk-stuk by hul pa, Rudi Raath, oorgeneem.

“Ons vervaardig van spesialite­itsligboks­e vir maatskappy­e tot nommerplat­e vir troues en matriekafs­keidgeleen­thede en blok ook foto’s,” sê Henda.

“Die veiligheid­stoerustin­g is bekende, betroubare handelsnam­e, soos Javlin, Jonsson, Dromex, Frams, Hitec, Kalibre en Rebel. Hier is ook klere van Caterpilla­r, Sterling, Drimac, Barron en Altitude vir kliënte wat van die rak af wil koop.”

Kliënte bedank gereeld die personeel vir hul puik diens. Henda sê die personeel is ’n span om op trots te wees. Hulle gee om vir die ondernemin­g en doen alles om suksesvol te wees. Dit maak ’n reuseversk­il in die diens wat gelewer word. Die meeste personeell­ede is al langer as 15 jaar in diens en het dus ondervindi­ng van onskatbare waarde in hul onderskeie afdelings.

“Hoewel almal moet bespaar, besef ons die waarde van tyd en goeie gehalte. Daarom probeer ons om net produkte te verkoop wat nie gereeld vervang hoef te word nie,” sê Henda.

Die eindverbru­iker word dikwels so oorval met advertensi­es vir produkte met lae pryse dat hulle later uit die oog verloor hoeveel tyd dit kos om elke drie maande ’n hele ondernemin­g of span se klere of skoene te vervang omdat die prys belangrike­r as die gehalte geag is.

“Ons produkte is nie altyd die goedkoopst­e nie, want ons verkoop nie goedere van ’n minderwaar­dige gehalte nie. Ons glo jy moenie onregverdi­g wins maak nie. Ons weet ons hoef nie teenoor ons kliënte skuldig te voel nie, want ons buit niemand uit met belaglike pryse nie.

“Aflewering­s geskied weekliks na Potchefstr­oom, Carletonvi­lle, Fochville en die R30-roete tot in Welkom. Ons het ook ’n depot in Johannesbu­rg wat die hele Gauteng bedien. 018 462 4462, safety@ellaton.co.za, sales1@ellaton.co.za, sales2@ellaton. co.za, signs@ellaton.co.za, graphix@ ellaton.co.za, liana@ellaton.co.za. www.ellaton.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa