Landbouweekblad

GRENADELLA­S VANJAAR GOEDKOPER

- – JOHAN VAN DER MERWE

Grenadella­boere gaan in die komende seisoen nie weer die gunstige pryse sien wat hulle verlede jaar gekry het nie, sê mnr. Francois Badenhorst, grenadella­boer van Hazyview. Hy meen daar gaan vanjaar ’n groter voorraad op die mark wees.

“Verlede jaar het die droë hitte ’n rol gespeel en daar was minder en kleiner vrugte beskikbaar. Die gunstige wisselkoer­s het egter gesorg dat grenadella­boere goeie pryse vir uitvoerpro­dukte ontvang. Sedertdien het meer boere tot die bedryf toegetree en die beperkte mark sal vanjaar swaarkry,” sê Badenhorst.

Mnr. Johan Husselmann van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Instituut vir Tropiese en Subtropies­e Gewasse sê nuwe kultivars wat weerstand teen die ergste virusse en swamme bied, word tans geregistre­er. “Dit is ’n langdradig­e proses, maar die LNR het nou sy perseel na Addo in die Oos-Kaap verskuif om van die virusse in die noorde af weg te kom. Hoewel die LNR reeds goeie resultate met die huidige seleksies behaal, is dit moeilik om ’n datum te voorspel wanneer dié nuwe kultivars beskikbaar sal wees.”

Volgens Badenhorst is die bedryf skepties oor die LNR se kultivars. “Ons weet nie meer of die kultivars ooit geregistre­er sal word nie.” Volgens hom werk ’n paar mense by die LNR hard om die nuwe kultivars te registreer. “Die administra­tiewe rompslomp druk die proses bykans dood en dit is ’n groot frustrasie vir die ganse bedryf.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa