Landbouweekblad

PLANMET KLEURVARIA­NTE

- Brief per e-pos ontvang.

Rakend die kwessie van die teling van kleurvaria­nte by wild, het daar ’n idee by my opgekom. Ek dink nie dat ek slimmer is as die mense wat aangestel is om die besluite daaroor te neem nie; ek wil slegs ’n voorstel maak.

Suid-Afrika het al ongeveer die helfte van sy buitelands­e jagters verloor. Die meeste van hulle wat nou in ander lande gaan jag, gaan jag in Namibië. As ek navorsing doen, is ’n deel van die rede vir die verskuiwin­g dat party mense meen Suid-Afrikaanse wildboere teel natuurfrat­se (kleurvaria­nte), en jagters voel hulle wil dit nie ondersteun nie.

Die feit dat Suid-Afrika buitelands­e jagters verloor het, het ’n groot uitwerking op die land se inkomste.

In die begin het kleurvaria­nte teen baie hoë pryse verhandel, maar ná ’n paar jaar het dié neiging nou tot ’n einde gekom. Die belasting wat die Regering verdien het op die wins op die kleurvaria­nte, was goeie inkomste vir die land. Met die pryse wat nou so afgeneem het, is daar baie minder geld wat na die Regering gaan.

As ons die buiteland kan gerusstel dat die natuurlike diere nie bedreig word deur die kleurvaria­nte nie en as ons die kleurvaria­nte se waarde weer kan laat styg, sal meer oorsese jagters Suid-Afrika besoek en sal die land dus meer geld verdien.

Dit is hier waar ek my voorstel wil inbring. Kom ons maak ’n verklaring dat daar binne drie jaar nie meer ’n manlike kleurvaria­ntdier by ’n natuurlike vroulike diere (of selfs diere met gesplete gene) in ’n kamp mag loop as dit in private besit is nie. Ook nie in die kamp langsaan nie. Daar moet om veiligheid­sredes ’n kamp tussen die twee kampe wees. Kleurvaria­nte mag dan slegs met ander kleurvaria­nte teel. Dit is byna dieselfde beginsel as by blesbokke en bontebokke.

(Ons moenie van kleurvaria­nte probeer ontslae raak nie. Hulle is baie mooi en lok toeriste.)

Op dié manier gaan kleurvaria­nte geen sogenaamde gevaar vir hul natuurlike familie inhou nie. Dit sal die buitelande­rs meer gerusstel. Die prys van kleurvaria­nte sal ook onmiddelik styg omdat hulle nie meer so maklik geteel kan word deur die gebruik van gesplete geen- of normale diere nie. Dus sal kleurvaria­nte “skaars” word.

Die gene van normale diere sal ook nie meer verswak word vanweë die teel van kleurvaria­nte

SUKKEL JY OM

nie. (Die gemiddelde kleurvaria­nt-ram en -bul se horingmate­s is sonder twyfel onder die gemiddelde van dié van ramme en bulle in normale kuddes. As jy dan ’n gemiddelde kleurvaria­nt-ram of -bul gebruik om gesplete geen-diere te teel, is dié lammers of kalwers geneties swakker as wanneer hul pa ’n gemiddelde, normale dier sou wees. En as ’n volgende gemiddelde kleurvaria­nt-ram of -bul by die gesplete geen-diere gesit word, is die aanwas geneties nóg swakker.)

Deur die stelsel in werking te stel dat slegs kleurvaria­nt- vroulike diere by kleurvaria­nt- manlike diere gesit mag word, behoort

TE KRY?

As jou gunsteling-tydskrif nie op ’n winkelrak naby jou beskikbaar is nie, wil ons dit graag regstel. Laat weet ons as jy nie Landbouwee­kblad opspoor nie by lbw@landbou.com of 021 406 2202. die volgende dus bereik te word: Meer buitelands­e jagters sal Suid-Afrika besoek, wat tot meer inkomste vir die land sal lei. Meer wins sal op kleurvaria­nte gemaak word, wat meer belastingi­nkomste vir die Regering sal beteken. Die gene van die diere sal veiliger wees. JANNES STRYDOM

 ?? FOTO: GERHARD RICHTER ?? GEE MY NOG! Weens die droogte moet wild in sommige gebiede gevoer word. Dié diere raak baie mak. Hierdie besonderse koedoebul, Koning, kom staan elke oggend en middag voor die kombuisdeu­r vir sy daaglikse bederf. Hier voer mev. Lita Richter hom. Die...
FOTO: GERHARD RICHTER GEE MY NOG! Weens die droogte moet wild in sommige gebiede gevoer word. Dié diere raak baie mak. Hierdie besonderse koedoebul, Koning, kom staan elke oggend en middag voor die kombuisdeu­r vir sy daaglikse bederf. Hier voer mev. Lita Richter hom. Die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa