Landbouweekblad

Lesse uit die droogte

-

MET self ’n traan in die oog wat vlak lê, vertel Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, op die organisasi­e se kongres van die lesse wat hy uit vanjaar se droogte geleer het. Hy het ook gesien hoe hardekop-boere kan saamstaan as dit nodig is.

“Ons laai voer af in Namakwalan­d naby Springbok en daar kom een van daai ooms wat lyk of hy uit graniet gebeitel is. Hy vat my aan my skouers en sê (terwyl die trane loop): ‘Ek wil vir julle só baie dankie sê. Ek is al deur baie droogtes in my lewe en dit is die eerste keer dat iemand vir my voer verniet gee’.”

Johannes vertel ook van die Kaapse junior filharmoni­ese orkes wat op hul eie koste by die Gariepfees in Kimberley opgetree het. “Jong kinders uit die stad wat met meegevoel al daardie moeite gedoen het, het in die proses gehelp om R65 000 in te samel.”

Twee weke gelede kon hy 25 bale lusern kry vir sy plaas in ’n rampgebied in die Kalahari, maar hy het gevra hulle moet dit eerder vir van sy bure gee wat erger sukkel as hy. Toe hy weer hoor, het die bure besluit om die voer aan ’n bruin gemeenskap van kleinboere te skenk wat selfs nóg meer as hulle ly. “Dit het my laat besef dat hierdie droogte ons boere leer om saam te staan – ongeag ras, geslag of boerderygr­ootte.”

Hy sê met die R16 miljoen wat vir ramphulp ingesamel is, het Agri SA omtrent R80 miljoen se werklike hulp op die grond verskaf.

BOERE RUIL RUGBY VIR NETBAL

Steeds op Agri SA se kongres . . . Dit het deesdae mode geword om by kongresse die verteenwoo­rdigers se menings oor verskeie kwessies in te win met sulke interaktie­we handstukke waarmee hulle kan stem. Dit is toe dié proses wat lede van Agri SA se sportvoork­eure verraai het:

Op ’n speelse vraag of hulle nog optimistie­s is oor die Springbok-rugbyspan, het 73% “nee” geantwoord en net 27% “ja”. Op ’n soortgelyk­e vraag oor die Protea-netbalspan was 81% optimistie­s en 19% nie. Die beste was toe 75% aangedui het dat hulle nou netbal bo rugby verkies! Op ’n vraag wie renosterho­ring vir medisinale doeleindes sal gebruik, het 15% gesê “ja”, 9% “miskien” en 76% “nee”.

Maar daar was darem ’n klompie ernstige kwessies waaroor die menings ook getoets is: ’n Hele 78% is nog optimistie­s oor die toekoms van die land, hoewel 91% meen die bystand van die Regering aan boere is ondoeltref­fend en 61% meen boere sal hulself moet help. Altesaam 94% glo Agri SA moet meer spierkrag gebruik om die staat te dwing om wette toe te pas, ’n hele 98% glo die Regering verkies die mynbou bo die landbou en 80% glo skaliegas is ’n bedreiging.

Oor eenheid voel 92% Agri SA en sy affiliasie­s moet een samehorige platform vir die landbou vorm, 90% meen nuwe denke is ’n voorkeursa­ak en 85% glo Agri SA is nog tersaaklik vir die landbou vorentoe.

“ONS IS NOG HIER . . . !”

Op sy manier probeer Tiaan Theron, ’n boer van die Karoo, weerstand bied teen die aanslae van maatskappy­e wat neffens sy plaas uraan en skaliegas wil ontgin. Dit is nog net die SKA-radioteles­koopprojek wat (tot dusver) nie oor sy grond loop nie.

Daar is boonop planne vir ’n windplaas, maar met

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa