Landbouweekblad

MESSE UIT VIR OBP-BAAS

- JOYLENE VAN WYK

VERSKEIE striemende aanvalle is die afgelope week gedoen op dr. Steven Cornelius, die uitvoerend­e hoof van Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP). Verlede Dinsdag het mnr. Mike Mlengana, direkteurg­eneraal van Landbou, Bosbou en Visserye, Cornelius voor die parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye uitgetrap en van leuens beskuldig weens sy deurgaanse versekerin­g dat daar genoeg entstowwe is. Die Opkomende Rooivleisp­rodusentev­ereniging (Nerpo) het Mlengana se politieke hoof, mnr. Senzeni Zokwana, gevra dat Cornelius vervang word. Dr. Pieter Prinsloo, ondervoors­itter van die nasionale Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) het by die Aldamvleis­beesskool gesê die Rooivleisb­edryfsforu­m oorweeg regstappe teen OBP weens die benarde entstofsit­uasie. Mlengana was verlede Dinsdag

STEVE CORNELIUS SE LYS

sigbaar gefrustree­rd met Cornelius. Dié het skaars begin antwoord op parlements­lede se vrae of Mlengana het hom tot orde geroep en gesê Cornelius gaan “weer nie die volle waarheid praat nie”.

“Hulle het aan my, die minister en die direksie van OBP gesê dat hulle die entstowwe het. Ons het een van ons veeartse gestuur om te gaan kyk en hy het bevind dat sommige van die entstowwe nie daar is nie.”

TEKORTE

Mlengana het gesê die departemen­t se enigste opsie is om self te gaan kyk, “want ons is by ’n punt waar ons nie die bestuur vertrou nie”. Hy het bygevoeg die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad (SAVR) praat die waarheid wanneer hy sê daar is ’n tekort aan Dr. Steve Cornelius het verlede week ’n lys van beskikbare entstowwe aan die portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye voorgelê as bewys dat OBP wel sy mandaat nakom. Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Dieregeson­dheidsforu­m, sê indien die lys korrek en op datum is, sal dit meeste siekteprob­leme van Suid-Afrika se veeboere uit die weg kan ruim. “Dit wys dat die meeste van die entstowwe waarop boere tans wag, beskikbaar is,” sê hy.

Hy het egter ook daarop gewys dat ’n groot hoeveelhei­d van die entstowwe op die lys nog aangedui word as in die verpakking­slyn, wat beteken dit gaan tyd kos om by boere uit te kom.

“Die lys bied egter ’n mate van optimisme vir veeboere, hoewel daar steeds ’n hele paar hekkies is wat oorkom moet word voordat die entstofkwe­ssie heeltemal opgeklaar is. Hopelik kan OBP die entstowwe verskaf wat op die lys aangedui is, en veeboere bystaan,” het Vervoort gesê. Besoek landbou.com vir die volledige lys.

– GERRIT BEZUIDENHO­UT noodsaakli­ke entstowwe.

“Hy (Cornelius) gaan nou sê die entstowwe is daar, maar as ons môre gaan kyk, is daar weer niks. Daar is geen rede vir die veeartse om te lieg nie.

“Indien die entstowwe wel daar is, sal ek om verskoning vra,” het Mlengana gesê.

Cornelius het gesê OBP vervaardig sedert April geredelik entstowwe. Hy het self van die grootste koöperasie­s besoek en daar was geen probleme nie.

“Oor die algemeen het ons die groot koöperasie­s van die entstowwe voorsien. Een in KwaZulu-Natal het ons geloof vir die goeie lewering van entstof vir Afrika-perdesiekt­e.”

Hy het bygevoeg hulle het wel die eerste drie maande van die jaar probleme met verspreidi­ng ervaar, maar dit is opgelos. Verkoopsyf­ers dui aan dat entstofver­kope in die tweede kwartaal verdubbel het, en in die huidige kwartaal gaan verdriedub­bel.

“Dit wys die produk gaan uit.” Cornelius het ’n lys beskikbaar gestel met entstowwe wat tans beskikbaar is, en die versekerin­g gegee dat die produkte wel daar is.

“Ek sal dit nie in wit en swart sit en dan is dit nie daar nie.”

Dr. Clive Marwick, uitvoerend­e lid van die SAVR, meen hy en Cornelius “woon op verskillen­de planete” wanneer dit kom by die beskikbaar­heid van entstowwe.

Hy sê hy is baie bekommerd dat OBP in Suid-Afrika en elders op die kontinent sy naam sleg maak.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminis­ter van landbou, het gesê sy het al duisende oproepe van boere gekry wat nie entstowwe by die koöperasie­s kon kry nie.

In ’n sterk bewoorde brief met aanbevelin­gs oor hoe om OBP te laat herleef, het mnr. Aggrey Mahanjana, groepsbest­uurder van Nerpo, aan Zokwana gesê nou is die tyd om ’n “meer energieke uitvoerend­e hoof” aan te stel.

“Dit is nodig vir die oorlewing van die maatskappy en die landbousek­tor.”

‘Ons is by ’n punt waar ons nie die bestuur vertrou nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa