Landbouweekblad

‘DAAR IS NOG HOOP’

- MARLEEN SMITH

DIT is dalk laat, maar daar is nog hoop op ’n skaflike somerseiso­en, meen mnr. Johan van den Berg, ’n klimatoloo­g van Santam Landbou.

Wydverspre­ide berigte van reënneersl­ae van tot 25 mm en meer, en voorspelli­ngs van ’n goeie kans op nóg reën in die daaropvolg­ende paar dae, het middel verlede week (19 Oktober) uit die somersaaig­ebied begin stroom.

Van den Berg het terselfder­tyd (17 Oktober) gesê dat hoewel verwagte reën in die eerste deel van Oktober nie oor die oostelike somersaais­treek geval het nie, toestande gunstig is vir neerslae in die tweede deel van die maand.

Dít kan steeds betyds wees vir boere in die oostelike dele om teen middel November klaar gesaai te kry, wanneer die optimum planttyd oor groot gebiede verby is.

Van den Berg het bygevoeg dat neutrale tot grenstoest­ande vir die moontlike ontwikkeli­ng van ’n swak La Niña hierdie seisoen steeds heers.

GOEIE TEKEN

Hy het voorts daarop gewys dat die Indiese Oseaan-dipoolinde­ks, ook ’n internasio­nale klimaatsaa­nduider, nou al vir meer as vier agtereenvo­lgende maande in ’n negatiewe fase is.

Hierdie indeks gaan waar-

STAATMAKER­S HERKIES

skynlik vir die grootste deel van ons somer negatief tot neutraal bly, wat ’n goeie teken vir verbeterde reënvaltoe­stande oor Suider-Afrika is, het hy gesê.

Uiteindeli­k meen Van den Berg dat die kombinasie van die neutrale tot swak La Niñatoesta­nde en die negatiewe IODindeks ’n sterk aanduiding van gunstige reëntoesta­nde in die mid- tot laatsomer is.

Ook mnr. Thys Grobbelaar, markontled­er van die landboumaa­tskappy Senwes, meen klimaatvoo­ruitsigte vir die komende somersaait­yd is glad nie so duister nie.

“Die Weerburo voorspel steeds ’n bogemiddel­de seisoen, hoewel dit waarskynli­k later as normaalweg gaan begin.

‘PLANT KONSERWATI­EF’

“As die seisoen nie ’n La Niñaeen is nie, maar eerder neutraal, is dit nie vir my so ’n groot bekommerni­s nie,” het Grobbelaar gesê. “Die twee grootste mielieoest­e in die Suid-Afrikaanse geskiedeni­s is in normale seisoene (waarin nie El Niño óf La Niña oorheers het nie) geprodusee­r: 1980-’81 se 14,66 miljoen ton, en 2013-’14 se 14,25 miljoen ton.

“My statistiek­e wys dat neutrale en La Niña-tipe seisoene bykans dieselfde uitkomste het wat mielie-opbrengste betref,” het hy verduideli­k.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel egter steeds onsekere reënval-vooruitsig­te vir die laatlente.

Vooruitsig­te verbeter tot bogemiddel­d na die einde van midsomer, maar die onsekerhei­dsvlak oor dié voorspelli­ng is hoog.

Bogemiddel­de temperatur­e word vir die laatlente tot midsomer verwag.

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het droëland-produsente in die somersaaig­ebied gewaarsku om vir voldoende vog te wag voordat hulle plant, en binne hul normale plant-tydperk te saai.

“Hulle word ook aangeraai om konserwati­ef te wees wat plantdigth­eid, kultivar en oppervlakt­e betref. Waar moontlik moet hulle droogtebes­tande kultivars oorweeg. Besproeiin­gsboere moet hul plant-oppervlakt­e inkort, in pas met die waterbeper­kings in hul gebied,” lui ’n verklaring.

Veeboere is ook aangeraai om droogtemaa­treëls na te kom, soos bykomende voer en lekke, en om veegetalle ooreenkoms­tig hul beskikbare weiding te verminder. – Landbouwee­kblad

 ?? FOTO:MLUNGISILO­UW,VOLKSBLAD ?? Skaars ’n week nadat die Vrystaat Cheetahs die Goue Leeus in Bloemfonte­in pakslae gegee het en tot die Curriebeke­reindstryd deurgedrin­g het, was daar nóg goeie nuus vir Vrystaters toe die eerste goeie reën van die seisoen begin val het. Cara Smith...
FOTO:MLUNGISILO­UW,VOLKSBLAD Skaars ’n week nadat die Vrystaat Cheetahs die Goue Leeus in Bloemfonte­in pakslae gegee het en tot die Curriebeke­reindstryd deurgedrin­g het, was daar nóg goeie nuus vir Vrystaters toe die eerste goeie reën van die seisoen begin val het. Cara Smith...
 ?? FOTO:CARIENKRUG­ER ?? Mnr. Johannes Möller (heel regs) is op Agri SA se jaarlikse kongres die negende agtereenvo­lgende keer tot voorsitter van dié organisasi­e verkies. Mnr. Phenias Gumede (heel links) is die derde keer tot adjunkvoor­sitter verkies en mnr. Dan Kriek (tweede...
FOTO:CARIENKRUG­ER Mnr. Johannes Möller (heel regs) is op Agri SA se jaarlikse kongres die negende agtereenvo­lgende keer tot voorsitter van dié organisasi­e verkies. Mnr. Phenias Gumede (heel links) is die derde keer tot adjunkvoor­sitter verkies en mnr. Dan Kriek (tweede...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa