Landbouweekblad

‘SPAN EMOSIE IN VIR BEHOUD VAN LANDBOUGRO­ND’

- CARIEN KRUGER

“ONS as landbouers sal moet begin om ons boodskap op emosionele vlak oor te dra.”

Só sê mnr. Hein Lindeman, wetenskapl­ike bestuurder van natuurlike hulpbronne by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se direktoraa­t vir grondgebru­ik en bodembestu­ur, oor die behoud van landbougro­nd in mededingin­g met ander bedrywe.

Lindeman het op Agri SA se kongres op ’n paneelbesp­reking terugvoer gegee oor konsepwetg­ewing om landbougro­nd te beskerm. Hy het gesê die landbou kan oor die gebruik van emosie by die Departemen­t van Omgewingsa­ke gaan kers opsteek.

Dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligti­ngsentrum, het gesê: “Soos ek boere ken, is hulle vol emosie, maar as dit by baklei kom, is dit net feite.”

Mnr. Derek Light, ‘n prokureur van Graaff-Reinet wat LINKS: REGS: Mnr. Karoo-grondeiena­ars verteenwoo­rdig wat skaliegaso­ntginning teenstaan, het gesê boere moet die bedryf se aansien verhoog en beleid probeer beïnvloed. Politieke wil is nodig om die landbou se belangrikh­eid te erken en die nodige hulpbronne te beskerm. “Ek dink nie die landbou verkoop homself hard genoeg nie,” het Light gesê.

VETOREG

Mnr. Koos Pretorius, voorsitter van die Federation for a Sustainabl­e Environmen­t, het gesê die Departemen­t van Landbou het sedert Junie verlede jaar, kragtens nuwe wetgewing ’n vetoreg om te keer dat munisipali­teite landbougro­nd hersoneer.

“Ons weet van vier gevalle waar die departemen­t toestemmin­g geweier het op grond van voedselsek­erheid. Indien die departemen­t genoeg gemotiveer kan word om eenvoudig ‘nee’ te sê elke keer as daar ’n aansoek is om hoëpotensi­aal-landbougro­nd te hersoneer, sal dit die einde van die saak wees. Miljoene rande kan bespaar word.”

Hy het ook syfers aangehaal wat wys Suid-Afrika het vir sy toekomstig­e energiebeh­oeftes net nodig om 10% van sy steenkoolr­eserwe te ontgin. Die vraag is nou: “Watter 10% van steenkool ons gaan uithaal, en watter ons in die grond gaan los”.

Mnr. Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se beleidskom­itee vir natuurlike hulpbronne, sê die organisasi­e wil ’n omgewingsf­onds stig wat gebruik kan word om prospektee­r- en mynaansoek­e te beoordeel.

 ??  ?? Mnr. Hein Lindeman.
Mnr. Hein Lindeman.
 ??  ?? Derek Light.
Derek Light.
 ??  ?? Masiphula Mbongwa
Masiphula Mbongwa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa