Landbouweekblad

GROEI| Baat by buitelands­e beleggings

- – CARIEN KRUGER – NICO VAN BURICK

Suid-Afrikaanse landbou moet meer vroegtydig optree en beleggers na die sektor lok, pleks van te wag vir beleggers om self te kom aanklop.

Só sê mnr. André Schreuder, uitvoerend­e hoof van Villa Crop Protection. Die Amerikaans­e ondernemin­g Land O’Lakes het verlede jaar ’n aandeel van 52,5% in dié maatskappy gekoop.

Op ’n paneelbesp­reking oor belegging het hy gesê buitelands­e beleggers kan Suid-Afrikaanse sakelui etlike voordele bied, soos finansiële spierkrag, bedryfskap­itaal en kennisoord­rag.

“Die landbou in Suid-Afrika sál en móét groei. As óns dit nie doen nie, gaan die Chinese kom en dit vir ons doen.”

Vir die Suid-Afrikaanse landbou om internasio­naal te kan meeding, is die regte mense en nuwe denke nodig. Vir nuwe denke is tegnologie nodig, en vir tegnologie is belegging nodig, het Schreuder gesê.

“Die trekkerbes­tuurder van 2050 sal waarskynli­k ’n jong, slim persoon wees wat agter ’n rekenaar sit.”

Mnr. Harry Prinsloo, voorsitter van Agri SA se kommersiël­e beleidskom­itee, het gesê boere se jaarlikse besteding aan toerusting is meer as aan vaste verbeterin­gs. Hy meen dit hou verband met tegnologie. Hy voorspel besteding daaraan gaan al hoe belangrike­r word. Ofskoon die landbou se bydrae tot die bruto binnelands­e produk daal omdat die potensiaal vir produksie-uitbreidin­g in die primêre landbou beperk is, groei die sektor steeds danksy hoër produktiwi­teit en tegnologie­gebruik. swak dienslewer­ing aan die kommersiël­e landbou in die verlede was nie weens onwillighe­id om te help nie, maar weens onvermoë. Hy pleit dat alle formasies binne die georganise­erde landbou betrokke moet raak by die departemen­t se beplanning­sproses.

Hy het ook gesê baie van sy amptenare het nie die regte kwalifikas­ies nie. “Hoewel hulle gewillig is, is baie nie in staat om hul werk te doen nie. ’n Mens kan nie van ’n verpleegst­er verwag om die begroting vir die omvattende steunprogr­am vir landbou (CASP) te bestuur nie.”

Mlengana sê daar is baie uitvoergel­eenthede vir kommersiël­e boere en hy moedig almal aan om dit te ondersoek. “Ons kommunikas­ie aan boere oor hierdie geleenthed­e is baie swak.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa