Landbouweekblad

'SA HET BAIE MEER AS 39 000 KOMMERSIËL­E BOERE'

- – AMELIA GENIS

DAAR is sowat 70 000 kommersiël­e boere in SuidAfrika, 30 000 meer as die syfer van 39 966 wat deesdae gebruik word om allerhande afleidings oor die sektor te maak.

Prof. Johann Kirsten, hoof van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) aan die Universite­it Stellenbos­ch, en dr. Frikkie Liebenberg van die Universite­it van Pretoria het tydens die Rethinking Agricultur­ekonferens­iedialoog, wat van 11 tot 13 Oktober in Kaapstad gehou is, gesê die manier waarop landboudat­a versamel word, het daartoe gelei dat net “groot” boere getel word.

Hulle het inligting uit die landbousen­sus van 2007 en die die bevolkings­ensus van 2011 geneem om te dui dat SuidAfrika eintlik 69 966 kommersiël­e boere het.

“Die metode waarvolgen­s ons data oor kommersiël­e boere versamel, voorselekt­eer groter landbouond­ernemings, en dit is waarom ons die wonderlike getal van 39 000 kommersiël­e boere in SuidAfrika het,” het Liebenberg gesê.

INLIGTING

Liebenberg, wat die afgelope tien jaar verskillen­de SuidAfrika­anse databronne “skoonmaak” en die korrekthei­d daarvan probeer verifieer, sê die ondertelli­ng van kommersiël­e boere is as gevolg van die manier waarop deelname aan opnames hanteer word en die instansie wat die opnames doen. “Een van die goed wat in die 1990’s verkeerd gegaan het, was die afskaffing van beheerrade sonder om te verseker dat iemand verantwoor­delikheid neem vir hul funksie van inligtingv­ersameling.”

Hy sê vroeë landbousen­susse is deur die polisie, en later deur die voorligtin­gsdiens, geadminist­reer. “Nou weet die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye nie hoe om dit te hanteer nie. Die vorms haal nie meer die plase nie, en word deur boere se rekenmeest­ers ingevul.

“Die opnames het agteruitge­gaan tot ’n vlak waar hulle weinig meer as groot steekproew­e is, en nie meer ’n behoorlike landbousen­sus nie.”

WET OP STATISTIEK

Deesdae gebruik die departemen­t die SuidAfrika­anse Inkomstedi­ens se register van besighede om belastingb­etalers wat by boerdery betrokke is, te identifise­er.

“Om op daardie register te wees, moet jy vir belasting geregistre­er wees of ’n omset van meer as R3,5 miljoen per jaar hê.”

Hy sê opnames word op grond van dié data saamgestel, en dit lei tot onbetrouba­re getalle. Hy meen een van die probleme is dat die departemen­t nie deur die Wet op Statistiek gedek word nie. “Dit maak dit al hoe moeiliker vir die departemen­t om vertroulik­e inligting in te samel.

“Mense weier net eenvoudig om die inligting te verskaf.”

DRINGEND

 ??  ?? Prof. Johann Kirsten
Prof. Johann Kirsten

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa