Landbouweekblad

GEVOLGE VAN SWAK DATA IS ’N ‘NAGMERRIE’

- – AMELIA GENIS

DIE gevolge van staatsdepa­rtemente se onvermoë om landboudat­a met ’n sensus in te samel en die gebrek aan kundiges wat die data kan ontleed, is as ’n “nagmerrie” beskryf op ’n konferensi­e in Kaapstad.

Dr. Frikkie Liebenberg van die Universite­it van Pretoria sê die situasie word vererger deurdat die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye nie met Statistiek­e SuidAfrika kon ooreenkom hoe om data in te samel nie.

Liebenberg sê volgens amptelike syfers produseer boere in SuidAfrika genoeg voedsel op die helfte van die bewerkte oppervlakt­e in 1960.

“Dit is dalk die waarheid, maar as jy die bewerkte oppervlakt­es vergelyk met die beelde wat deur afstandswa­arneming verkry is, word meer grond vir produksie gebruik.”

Die gemiddelde plaasgroot­te het sedert die 1990’s die hoogte ingeskiet – ’n statistiek wat hy in twyfel trek omdat opnames by kommersiël­e boere sedertdien deur voorseleks­ie van ’n krimpende steekproef gedoen word.

“Arbeid is ’n ander gruwelstor­ie. Dit het in die verlede huis werkers ingesluit. Ons moet dit uithaal.

“Dan is daar die kwessie van seisoenswe­rkers, wat dikwels nie aangeteken is nie, of groot verskille veroorsaak tussen opnames wat in Augustus en Februarie gedoen is.”

’n Moedelose Liebenberg het gevra wat hulle moet doen om die regte syfers te kry.

“Elke keer wat ons probeer om potensieel omstrede syfers te kry om ’n behoorlike ontleding te doen, maak politici mense kwaad met hul uitsprake.

“Dan wil hulle nie die inligting wat ons nodig het, verskaf nie,” verduideli­k hy. Prof. Ben Cousins van die instituut vir armoede, grond en landelike studies aan die Universite­it van WesKaaplan­d het op dié geleenthei­d gesê beter statistiek is nodig.

“Daar moet ’n daadwerkli­ke oproep wees vir ’n omvattende sensus wat ook kleinboere insluit. Ons moet weet wie die ander 30 000 kommersiël­e boere is wat die bevolkings­ensus van 2011 opgeteken het, maar nie die 2007landbo­usensus nie.Waar is hulle? Hoe produktief gebruik hulle die grond?”

Prof. Ferdi Meyer van die Universite­it van Pretoria meen dit sal die beste wees as die Departemen­t van Finansies só ’n sensus doen omdat dit vir hom lyk of dié departemen­t die meeste gedoen kry.

‘Arbeid is ’n ander gruwelstor­ie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa