Landbouweekblad

'NIKS KAN SONDER BOERE GEBEUR'

- — NAN SMITH

KOMMERSIËL­E boere, en nie die Regering nie, is die eintlike sleutel tot landboutra­nsformasie in Suid-Afrika, sê mnr. Jeff Every, uitvoerend­e hoof van Amadlelo Agri, ’n hoogs suksesvoll­e transforma­sieprojek wat deur 70 wit, kommersiël­e boere uit die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal begin is.

Every het op Landbouwee­kblad se konferensi­e gesê boere kan óf toelaat dat derde partye hul toekoms bepaal óf beheer neem en hul eie lot bepaal.

“Om ’n plaas in wit besit te vat en dit vir ’n swart ou te gee, doen absoluut niks vir Suid-Afrika se ekonomie nie. Ons plase moet winsgewend, prakties en volhoubaar wees.”

Every is in die voormalige Ciskei gebore en praat vlot Xhosa. Hy het die landboupot­ensiaal in die voormalige Ciskei en Transkei se besproeiin­gskemas in sy visier geplaas, waar 12 000 ha landbougro­nd ongebruik lê en slegs 1 000 ha doeltreffe­nd gebruik word.

“Ons gebruik eerder onprodukti­ewe kommunale grond as om ons te bemoei met plase wat reeds produktief is.”

HOE DIT WERK

Amadlelo keur jong, swart mense wat klaargemaa­k het met hul studies aan kolleges en technikons en lei hulle as bestuurder­s op kommersiël­e melkplase op voordat hulle die Amadlelo-stelsel betree.

“Die vlak van konsultant­e wat ons steun, is van wêreldgeha­lte en ons mentors is suksesvoll­e, werkende melkboere wat deel uitmaak van die ondersteun­ingstruktu­ur wat ons vir ons swart boere skep,” sê hy.

Buiten die oordrag van vaardighed­e en die uitbreidin­g van vermoë steun Amadlelo die skep van persoonlik­e welvaart. Bestuurder­s word aangemoedi­g om hul eie bates te ontwikkel.

“Jong, swart boere kon welvaart opbou deur beeste te koop met lenings wat deur wit boere versekuree­r of verskaf is,” sê hy. Daar is sowat 6 000 boere in Suid-Afrika met genoeg finansiële slaankrag en vermoëns om die landbousek­tor te transforme­er. Hoe gouer die Regering met dié boere begin vriende maak pleks van om hulle te verguis, hoe beter, sê Every.

“Een manier om die AgriSEB-telkaart in die AgriSEBdoe­nkaart te verander, is dat die grootskaal­se boere moet toelaat dat die kleiner ouens by hul bedrywighe­de inskakel. Dié stap sal hulle help om toegang te kry tot markte en goedkoop produksiem­iddele.”

 ??  ?? Mnr. Jeff Every
Mnr. Jeff Every

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa