Landbouweekblad

WES-KAAP LÊ BRAAK VIR WILDBOERE

-

DIE Wes-Kaap het reeds alles wat nodig is om ’n florerende wildbedryf te vestig en kan munt slaan uit die res van die land se wildboere, wat reeds skoolgeld betaal het.

Mnr. Wiaan van der Linde, voorsitter van Wildbedryf SA en mede-eienaar van verskeie wildondern­emings, sê die goeie infrastruk­tuur, kultuur, omgewingsg­esinde denkwyse en gesonde leefstyl tel in dié provinsie se guns.

“Ons moet egter hard daaraan werk om Suid-Afrika weer die voorkeurbe­stemming te maak. Vier, vyf jaar gelede het drie keer meer jagters na Suid-Afrika toe gekom as na Namibië, maar vandag het Namibië vier keer meer jagters as Suid-Afrika.

“Daarin lê ’n groot geleenthei­d vir die Wes-Kaap.”

Van die Suid-Afrikaanse wildbedryf se suksesse is dat 20 miljoen hektaar marginale grond, met ’n beleggings­waarde van R200 miljard, omgeskakel is in volhoubare grondgebru­ik. Die infrastruk­tuur en toerusting se waarde word op nóg R200 miljard beraam. Die wildbedryf rugsteun 140 000 volhoubare

werksgelee­nthede.

“Dit is meer werkgeleen­thede as die hele mynbedryf.”

Die wildbedryf het op groot skaal in Suid-Afrika belê en homself al bewys.

“Die borrel is so groot, hy kan nie meer bars nie.”

Van der Linde het bygevoeg die rolspelers in die bedryf is nie net ’n klein potjie wat deur dieselfde mense geroer word nie.

“Daar is baie nuwe toetreders. Wild het die afplatting in die ekonomie gevolg en meer bekostigba­ar geraak. Nou volg die pryse weer ’n opwaartse kurwe.”

Voorts het hy gesê die bedryf is in ’n bevoorregt­e posisie om prysmakers en nie prysnemers nie te wees.

 ??  ?? Mnr. Wiaan van der Linde
Mnr. Wiaan van der Linde

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa