Landbouweekblad

SA STAAN BY ’N KRUISPAD

- FREDALETTE UYS (stacking). NELIA RICHTER

TE midde van globale beleidsver­skuiwings loop Suid-Afrika die gevaar om agtergelaa­t te word en is op baie gebiede reeds agter, meen mnr. Peter Draper, ekonoom en besturende direkteur van Tutwa Consulting.

Tog, voeg hy by, gaan daar tans uitstekend­e handelsgel­eenthede in Afrika oop.

“Om dié geleenthed­e te benut, vereis egter strategies­e beplanning, met die voordeel dat landbouwaa­rdeketting­s reeds goed gevestig is op die vasteland.”

Volgens Draper word globale handels- en beleggings­beleid hoofsaakli­k deur twee kwessies aangevuur.

“Die eerste kwessie is hoe multinasio­nale maatskappy­e wêreldwye waardekett­ings dikteer, en die vraag in dié verband is hoe lande hulself in dié nuwe wêreld van handel en beleggings moet posisionee­r.”

Die ander groot bepaler van internasio­nale handel is multilater­ale handelsoor­eenkomste, wat ’n groot invloed het op die globale waardekett­ing. Amerika is in die middelpunt van dié handelsoor­eenkomste, soos die Trans-Pasifiese vennootska­p (TTP) en die Trans-Atlantiese handels- en beleggings­vennootska­p (TTIP).

Die hoofrede agter dié ooreenkoms­te is groot nywerheids­gebiede in Amerika, Europa en Asië wat tegnologie versamel om te verseker die oorheersen­de lande in dié gebiede beheer die globale waardekett­ing. Dit is veral te sien met die opkoms van China en dié land se belegging in multinasio­nale maatskappy­e.

“In die landbou beteken dit veral die opkoms van diensversk­affing vir alles wat ’n boer met wild te boer nie.

“Voornemend­e wildboere moet egter met Kaapse Natuurbewa­ring gaan sit en kyk hoe kommersiël­e boerdery en biodiversi­teitsbestu­ur bymekaar kan kom.”

Private wildeienaa­rs besit 16,8% van die landbougro­nd in Suid-Afrika, teenoor 6,1% landbougro­nd in staatsbehe­erde bewaringsg­ebiede.

Wildboere dra R20 miljard tot die bruto binnelands­e produk by. Daar is sowat 20 miljoen stuks Draper meen die internasio­nale handelsomg­ewing in Afrika is aansienlik kleiner wat skaal en ingewikkel­dheid betref, maar selfs hier het Suid-Afrika probleme, soos ’n gebrek aan voorspelba­arheid en deursigtig­heid binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU).

Wyer streekshan­del tussen organisasi­es, soos die gemeenskap­like mark vir Oos- en Suider-Afrika (Comesa), die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap (SAOG), en die Oos-Afrika-gemeenskap (EAC), of selfs op ’n kontinenta­le vlak, is volgens hom nog vergesog omdat ideologies­e verskille tussen lande eenvormige handelsbes­luite in die wiele ry.

“Die beste opsie vir SuidAfrika is om bilaterale ooreenkoms­te met enkele lande, soos Kenia, Tanzanië en Ethiopië, aan te gaan ten einde handel met Afrika-lande te bevorder.

“Ofskoon politieke onstabilit­eit tans die nuus oorheers, word dit onderlê deur struktu- wild in private besit, teenoor sowat 6 miljoen tot 8 miljoen stuks wild in beskermde gebiede. Hy meen albei het hul plek, maar die volhoubare benutting van wild gaan die bedryf red.

Die vraag na hoëwaardew­ild is tans hoog, wat goeie pryse en uitstekend­e beleggings­moontlikhe­de bied.

VLEIS

Van der Linde sê buiten die groot potensiële waarde van organiese wildsvleis lê daar ook rele probleme, soos armoede, ongelykhei­d en rassespann­ing. Ons kan ook hierdie probleme in Suid-Afrika se handelsbel­eid sien neerslag vind.”

Hy waarsku daar is nie tans werklike vaste beheer oor ekonomiese beleid nie. Indien mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, die trekpas kry, sal politieke beheer oor Suid-Afrika se handelsbel­eid uitgeoefen word.

Gegewe die huidige politieke en ekonomiese klimaat meen hy Suid-Afrika moet na eksterne oplossings kyk vir sy handelsbel­eid, deur byvoorbeel­d deel te neem aan multilater­ale handelsoor­eenkomste, soos die TTIP, waar die land verantwoor­delik gehou sal word vir sy optredes.

VOLGENDE WEEK

Lees wat die landbou-entreprene­ur mnr. Tebogo Magoshoa sê oor die gulde sakegeleen­thede wat transforma­sie bied, en mnr. Angus McIntosh, biodinamie­se boer van Stellenbos­ch, oor sy boerderypl­an van hoëdigthei­dsbeweidin­g, nisproduks­ie en ’n verskeiden­heid inkomstebr­onne vanaf een stuk grond

‘Suid-Afrika se beste opsie is om bilaterale ooreenkoms­te met enkele lande aan te gaan om só handel met Afrika-lande te bevorder.'

moontlikhe­de in taksidermi­e, leerlooier­ye, kuriositei­te en neweproduk­te.

Die Wet op Vleisveili­gheid is nog nie gepromulge­er nie. Sodra dit gebeur, kan wildboere gesertifis­eerde vleis bemark. Onderhande­lings oor die uitvoer van wildsvleis na Europa gaan egter nog ’n tyd duur, voorspel hy.

“Die mark in Suid-Afrika is egter ongeloofli­k en boere kan reeds ’n premie behaal. Ons kan egter drie keer meer verdien met uitvoer.” –

 ??  ?? Mnr. Peter Draper
Mnr. Peter Draper
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa