Landbouweekblad

| EU dreig Wes-Afrika

- NICO VAN BURICK

Lidlande van die Wes-Afrikaanse ekonomiese gemeenskap (Ecowas) kan hul tydelike toegang tot die EU-markte kwyt wees as Nigerië weier om die Europese Unie se ekonomiese samewerkin­gsooreenko­ms (EPA) te onderteken.

Die EU het die Nigeriese federale regering aangemoedi­g om sy “proteksion­istiese” beleid te hersien in belang van die 16 Ecowas-lidlande. Mnr. Michel Arrion, die EU se ambassadeu­r in Nigerië, het gesê die EU het geen “offensiewe agenda” met dié stap nie.

Mnr. Frank Udemba Jacobs, hoof van die bedryfsorg­anisasie Manufactur­ers Associatio­n of Nigeria (MAN), het egter gesê die EPA in sy huidige vorm sal plaaslike bedrywe onmededing­end maak, “want goedkoper goedere sal die land se markte oorstroom”. –

2

Hy het Amerika onlangs besoek en het die verwagte mielie en sojaboonoe­ste daar as monsteragt­ig beskryf. “Duisende kilometer aaneen is daar net land op land met uitstekend­e mielies en sojabone.”

Op 12 Oktober is die amptelike mielieoess­katting in Amerika op 384 miljoen ton geraam, met ’n gemiddelde opbrengs van 10,88 ton/ha. Die sojaboonoe­s is op 116 mil Oor die huidige invoer van mielies het mnr. Andrew Martalas, voorsitter van die SuidAfrika­anse Vereniging van Graan en Oliesaadha­ndelaars (Sacota), gesê alles verloop glad en 40% van die verwagte 1,85 miljoen ton geel mielies en 41% van die verwagte 850 000 ton wit mielies wat ingevoer moet word, is reeds hier.

Hy voorsien nie ’n probleem met die invoer van wit mielies nie, ondanks die geraamde 58 000 ton wat na buurlande uitgevoer word. “Die meeste van die 850 000 ton wat ingevoer moet word, is reeds deur die handelaars bespreek en aangekoop. Teen 7 Oktober was 344 000 ton daarvan reeds in die land.”

Selfs as dit nie genoeg is nie, is daar nog genoeg ander wit mielies internasio­naal beskikbaar. Hy sê Mexiko het ’n besonder goeie uitvoersei­soen. Die land het tot die einde van die jaar sowat 1,5 miljoen ton wit mielies vir uitvoer beskikbaar.

“Die posisie lyk heel goed vir wit én geel mielies mits SuidAfrika ’n normale seisoen het. Selfs al duur die droogte voort en ons moet 1,8 miljoen ton wit mielies pleks van 850 000 ton invoer, is dit teoreties steeds moontlik, maar daar sal uitdagings wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa