Landbouweekblad

Versigtig met oorstaansa­ad, maan kenners

- NICO VAN BURICK

BOERE waag ’n kans as hulle sojaboonsa­ad wat ’n jaar in die skuur gelê het, plant sonder om eers die ontkieming­svermoë daarvan te toets.

Dit was mnr. Willem Engelbrech­t, bestuurder van landboukun­dige gewasse by Klein Karoo Saad, se waarskuwin­g op ’n sojawerkgr­oepvergade­ring van die Proteïenna­vorsingsti­gting (PNS) in Pretoria.

Hy het boere aangeraai om hul saadmaatsk­appye te kontak om oorstaansa­ad te laat toets. Hy het gesê drie van sy maatskappy se vier kultivars is reeds uitverkoop.

Engelbrech­t het gereageer op mnr. Jannie Botma, ’n Vrystaatse boer, wat in sy eie peiling onder saadvertee­nwoordiger­s in die omgewing van Kroonstad, Bothaville en Wesselsbro­n gevind het daar was ’n 50% afname in saadverkop­e. Botma het gesê ten spyte van ’n oplewing vroeg in Oktober was hy ook bewus van baie boere wat verlede jaar saad gekoop het wat hulle nie kon plant nie.

Hy glo as dit goed reën, sal dit boere in hierdie gebied terug kan plaas waar hulle in 2012 was. “As die mielieprys bly daal, sal meer boere hulle tot sojabone wend.”

ENIGE SAAD

Mnr. Andries Theron, ondervoors­itter van Graan SA, het gesê ’n boer wat nie geld het nie, gaan enige saad plant wat hy het. “Dit is die werklikhei­d, maar ek glo ook dit is beter om die ontkieming­svermoë te laat toets.

“Ek glo boere besef pryse is onder druk en sal Die Proteïenna­vorsingsti­gting is bekommerd dat boere sojasaad wat hulle verlede jaar aangekoop het, dié seisoen gaan plant, wat onvoorspel­bare ontkieming tot gevolg kan hê. daarom nie net wit mielies plant nie. Daarom glo ek ons gaan ’n toename in sojaproduk­sie sien – veral in Noordwes,” sê hy.

Prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP), sê die projeksie vir sojaboonaa­nplantings is 720 000 ha, met veral groter aanplantin­gs in die Vrystaat en Mpumalanga.

In Noordwes, waar sojaboonpr­oduksie in die afgelope seisoen met 38 000 ton afgeneem het, verskil boere oor die plantverwa­gtinge. “As dit vroeg reën, plant almal grondbone, as dit normaal reën, mielies, dan sojabone en ten einde laaste sonneblomm­e en droëbone,” sê mnr. Arno van Vuuren, bestuurder van landboubes­tuursdient­e by NWK.

FINANSIERI­NG KWEL

Meyer meen finansieri­ng is hierdie nuwe seisoen ’n groot probleem, veral in Noordwes, waar die druk al vier jaar oplaai.

“Uit gesprekke met banke lyk dit of 8-10% van boere dit nie gaan maak nie, maar daar sal steeds op die grond geboer word. Die eenhede sal net groter word en die boere minder.”

Die PNS bly optimistie­s oor die toekoms van sojabone. “Ons glo daar gaan in die nuwe seisoen meer as 700 000 ha sojabone aangeplant word, wat ’n nuwe rekord-oppervlakt­e sal verteenwoo­rdig,” het mnr. Gerhard Scholtemei­jer, voorsitter van die PNS, gesê.

Daar is in die afgelope seisoen 184 000 ha minder sojabone aangeplant. Daarvan het die Vrystaat 131 000 ha ingeboet, maar Mpumalanga het ondanks die weersomsta­ndighede die meeste sojabone ooit gelewer (408 000 ton) op naastenby dieselfde oppervlakt­e. –

‘Ek glo boere besef pryse is onder druk en sal daarom nie net wit mielies plant nie. Daarom glo ek ons gaan ’n toename in sojaproduk­sie sien – veral in Noordwes.’

 ?? FOTO:JOHANNORVA­L ??
FOTO:JOHANNORVA­L
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa