Landbouweekblad

EU | Antibiotik­averbruik stoom voort

- LUCILLE BOTHA

’n Nuwe studie deur die European Medicines Agency (EMA) het bevind die gemiddelde gebruik van voorkomend­e antibiotik­a by lewende hawe in Europa is drie maal die aanbevole vlak vir ontwikkeld­e lande.

’n Studie deur die Britse regering het dié vlak op 50 mg/kg lewende hawe gestel, maar die EMA sê die gemiddelde Europese gebruik is 152 mg/kg. In die 25 Europese lande wat data verskaf het, het die verkope van boerdery-antibiotik­a in 2014 met slegs 2% gedaal. ’n Woordvoerd­er van die Alliance to Save Our Antibiotic­s sê as dalings teen dié pas voortduur, sal Europa 65 jaar nodig hê om by die Britse mikpunt uit te kom. Luidens die studie gebruik Britse varkboere nagenoeg 265 mg/kg en word meer as 91% Europese plaasantib­iotika gebruik vir grootmaatm­edikasie in voer of drinkwater, die meeste daarvan in intensiewe vark- en hoenderboe­rdery. – Me. Lindi Benic, bestuurder van marktoegan­g by die Sagtevrugt­e-produsente­trust, sê valskodlin­gmot is in 2009 op Ugandese soetrissie­s gevind wat na Nederland uitgevoer is. Die Europese en Mediterree­nse plantbeske­rmingsorga­nisasie het in 2013 ’n risiko-ontleding gepublisee­r wat sedert 2014 tot verdere monitering lei. ’n Konsepdoku­ment was tot 14 Oktober in die EU oop vir kommentaar.

Volgens Benic vergader die EU se staande komitee vir hierdie onderwerp weer op 20 Desember. Sy hoop egter dat die saak eers op die volgende vergaderin­g in Januarie bespreek sal word, want dan sal die huidige produksiej­aar nie geraak word nie. Suid-Afrika (en ander lande) sal ná die EU-konsultasi­eproses sestig dae hê om kommentaar te Die stelselben­adering behels dat vrugteboor­de geregistre­er word, waarna sekere sanitasie-, monitering­en beheerprak­tyke gevolg moet word. Die vrugte sal ook voor oes nagegaan moet word vir tekens van die mot.

Ook in pakskure sal nuwe stappe geld. Dit sluit onder meer inspeksies (voor en ná pak) en gradering in. Daarna sal die PPPECB (die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte) en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye ook die vrugte moet inspekteer en ’n sertifikaa­t uitreik wat bevestig die vrugte is vry van valskodlin­gmot.

As tekens van die mot gevind word, kan die invoerland­e die besending afkeur.

“Daar is stappe vir selfregule­ring ingebou om te keer dat produkte met valskodlin­gmot vir finale inspeksie voorgelê word. Dit werk byna soos ’n verkeersli­g, met rooi en groen ligte. As die vrugte aan sekere vereistes voldoen, kan daar na die volgende stasie beweeg word. Die finale stasie is Europa,” sê Campbell.

‘Hierdie situasie is een van daardie waarin almal moet saamstaan.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa