Landbouweekblad

Meer optimisme oor Swartland se koringoes

- AMELIA GENIS

DIE gereelde reën in Augustus en September het gesaaides sodanig verbeter dat Swartlands­e boere wat middel Oktober begin oes het, nou meer optimistie­s is oor vanjaar se graanoes.

Mnr. Teubes Mostert, wat by Koringberg boer, sê hy verwag bogemiddel­de koringopbr­engste en is opgewonde oor die gehalte van die monster wat hy voor die oes laat toets het. “Die proteïenin­houd is 12,5%, die hektoliter­massa is 79,6 en die vog 11,6%.”

Mnr. Anton Mouton van die plaas Piekeniers­kloof, Eendekuil, het oor die dreun van sy stroper gesê die oes lyk “heel oraait”, danksy bietjiesbi­etjies reën wat hulle gereeld in Augustus en September gekry het.

Mnr. Francois Eksteen van die plaas Witvlei, Piketberg, sê die koring het “mooi gekom” en lyk goed. Hy sê daar was vanjaar baie probleme met bolwurm.

In die suide van die WesKaap, tussen Stanford en Caledon, het mnr. Piet Dreyer van die Rakaboerde­ry sy graan en kanola platgesny, maar nog nie geoes nie. Mnr. Leon Groenewald van die plaas Rietkuil by Rietpoel het ook nog net platgesny.

Op die Heidelberg­vlakte is mnr. Andries Duminy van die plaas Somona reeds halfpad deur die oes. Koring en garsopbren­gste lyk goed. “Die oes lyk wéér mooi. Heidelberg kan nie vanjaar kla nie.” Hy meen sy opbrengs sou hoër kon wees as hy swamdoder twee keer, pleks van een keer, gespuit het.

Teen 18 Oktober is sowat 17% van die verwagte kanolaoes Gars word gestroop op die plaas Nona Rosa op die Vlakte naby Heidelberg, wat tot dusver ‘n bogemiddel­de oes gehad het. gelewer. Mnr. Franco le Roux, landboukun­dige hulpbronbe­stuurder by Southern Oil Bpk. (Soill) op Swellendam, sê opbrengste is in die algemeen bogemiddel­d en die gehalte is goed.

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Mninawa Qotoyi
Mnr. Mninawa Qotoyi
 ??  ?? Mnr. Fanie van der Merwe
Mnr. Fanie van der Merwe
 ??  ?? Mnr. Andries Marx
Mnr. Andries Marx

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa