Landbouweekblad

AANMELDING VAN SAKE PROBLEMATI­ES, SÊ CLACK

Al wat sal help om veediefsta­l in Suid-Afrika hok te slaan, is om élke veediefsta­l by die SA Polisiedie­ns aan te meld, sê mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale Veediefsta­lvoorkomin­gsforum.

-

STATISTIEK­E SA het in 2011 gemeld dat 36,3% van veediefsta­lsake nie deur die slagoffers aangemeld is nie. Dié syfer het in 2012 tot 40,1% gestyg, in 2014 tot 64,4% en verlede jaar tot 67,7%.

Clack sê dit is onmoontlik om die regte prentjie van die ware omvang van veediefsta­l in Suid-Afrika te skets omdat ’n oormaat raaiselagt­ige inligting – wat eintlik niks beteken nie – aan besluitnem­ers beskikbaar gestel word.

“Die SA Polisiedie­ns (SAPD) het ’n veranderin­g in sy statistiek­e aangebring wat die indruk wek dat veediefsta­l besig is om te daal. Daarteenoo­r meld boere in tot 68% van die gevalle nie veediefsta­lsake aan nie. Dit plaas die SAPD se syfers onmiddelli­k in ’n twyfelagti­ge lig,” sê Clack.

Volgens hom is dit egter nie moontlik om die 68% by die huidige syfers van die SAPD te bereken nie, aangesien die werklike syfers van nie-aanmelding onbekend is.

Hy sê daar is teenstrydi­ghede in die jongste statistiek­e van die SAPD en die statistiek­e wat op 29 September verlede jaar beskikbaar gestel is. In gesprekke met beamptes van die SAPD is aangedui dat “ongegronde sake” van die stelsel verwyder is. Ongegronde sake hou egter net soveel speurders besig as wat die geval is met geldige sake. “Dit is dus net so belangrik in die waardekett­ing van misdaadsta­tistieke.”

Misdaadsta­tistieke speel ’n rol met die toewysing van poste en eenhede by polisiekan­tore. Die verminderd­e getal misdade sal dus ’n impak hê op die getal speurders wat aan die veediefsta­leenhede toegewys word. “Dit is hartseer dat al die provinsial­e veediefsta­lvoorkomin­gsforums voortduren­d moet pleit vir meer hulpbronne en personeel,” sê Clack.

“Dit is ’n kenmerk van Suid-Afrika dat groot getalle ekonomiese misdade nooit by die owerhede aangemeld word nie en veediefsta­l is geen uitsonderi­ng nie.”

REDES

Die nie-aanmelding van veediefsta­lsake deur vee-eienaars kan aan verskeie oorsake toegeskryf word. Eerstens word 31,8% van veediefsta­lsake nie aangemeld nie omdat daar ’n gebrek aan vertroue in die SAPD is om die gesteelde vee terug te kry of om die saak suksesvol te vervolg.

Dié siening is te verstane gesien in die lig daarvan dat slegs 4% van slagoffers daarvan in kennis gestel word as iemand in hegtenis geneem word of as gesteelde vee teruggevin­d is, sê Clack.

Meer as 30% van vee-eienaars meen dat veediefsta­l nie ’n misdaad is wat belangrik genoeg is om by die owerhede aan te meld nie. “Dit kan die geval wees met pluimvee, soos hoenders, maar nie in die geval van vee met ’n hoë geldwaarde nie.”

Talle van die veediefsta­lslagoffer­s gebruik ander metodes om die misdade op te los, soos om dit by die plaaslike owerheid of die buurtwag aan te meld. In die armer, landelike gebiede word dié metode meestal gevolg aangesien daar steeds ’n sterk sin van gemeenskap­sreg is.

Nóg ’n rede is dat die SAPD in 8,8% van die gevalle nie beskikbaar of bereikbaar is nie.

Talle kommersiël­e boere meld nie veediefsta­lsake aan nie omdat vee in Suid-Afrika, met die uitsonderi­ng van sommige stoetteler­s, nie verseker is nie. Versekerin­gsmaatskap­pye bied nie dié soort dekking nie. As dit wel aangebied word, is dit baie duur. In die geval van die meeste ander eiendomsve­rwante misdade is die produk verseker. As die eienaar vir skade wil eis, moet die saak by die SAPD aangemeld word – wat nie die geval is met die diefstal van vee nie.

Die vee-eienaar kan ook bang wees om ’n boete te kry as die vee nie in ooreenstem­ming met seksie 7 van die Wet op die Identifika­sie van Diere (Wet 6 van 2002) gemerk is nie. Vee-eienaars weet dit is problemati­es om diere terug te eis wat nie geïdentifi­seer kan word nie.

Sommige boere laat ook na om diefstal aan te meld omdat hulle nie seker is hoeveel vee vermis word nie. Hulle reken dit is ’n mors van tyd om die misdade aan te meld omdat daar nie bewys sal kan word dat dit hul vee is wat gesteel is nie. Die vergelykin­g tussen die aantal gesteelde vee en die aantal sake wat aangemeld is, toon twee duidelike neigings. Die aantal vee wat gesteel is, neem toe, maar in teenstelli­ng daarmee daal die aantal sake.

“Die enigste afleiding wat daaruit gemaak kan word, is dat die modus operandi van veediewe verander het,” sê Clack.

Waar gesteelde vee voorheen oorwegend vir die pot geslag is, het die misdadiger­s se werkswyse verander in ’n winsgewend­e, ekonomiese misdaad waarby georganise­erde misdaadsin­dikate betrek is.

Die teenwoordi­gheid van sulke sindikate is bevestig nadat 160 beeste in vyf verskillen­de voorvalle vanaf einde Junie 2013 tot middel Augustus 2013 in en om Gauteng gesteel is. Die waarde van die gesteelde beeste word op R2,2 miljoen bereken. In al vyf gevalle is dieselfde vragmotor op die misdaadton­eel deur middel van sy buitebands­pore en verf by die laaikrale geïdentifi­seer.

Die getal vee wat in elke aangemelde geval gesteel is, het van 4 in 2002-’03 tot 7,4 in 2014-’15 gestyg. Volgens Clack steun die styging die aanname dat misdaadsin­dikate betrokke is.

Voorlopige navorsing dui daarop dat diere wat vir die pot geslag word, deesdae net 13% van alle veediefsta­l verteenwoo­rdig. Volgens Clack kan tot 87% van alle veediefsta­l aan misdaadsin­dikate toegeskryf kan word.

Hy sê gevalle wat nie aangemeld word nie, kan ’n uitwerking hê op die aantal vee wat in elke geval gesteel word.

“Daar kan egter ook aangevoer word dat die sake waartydens klein getalle vee gesteel word, nie aangemeld word nie.”

‘Tot 87% van alle veediefsta­l kan aan misdaadsin­dikate toegeskryf word.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa