Landbouweekblad

LAAT BUFFELS MET GROOT HORINGS MET RUS

-

Jag het oor dekades die algehele trofeegeha­lte van Suid-Afrika se buffels benadeel omdat jagters altyd die buffels met die grootste horings wil skiet.

Dié neiging moet verander word sodat jagters eerder op ouderdom klem lê en buffels van 12 jaar en ouer jag wat nie meer kan teel nie, of andersins met horings van onder 36 duim. Só het dr. Kevin Robertson van die Suider-Afrikaanse Natuurlewe­kollege op Hoedspruit op die tweede Afrika-buffelsimp­osium van ’n internasio­nale wildboersi­mposium in Windhoek, Namibië, gesê.

’n Buffelbul is geslagsryp wanneer hy 70% van sy gewig bereik het. Ouderdom speel nie ’n rol nie; eerder sy krag en die ontwikkeli­ng van sy horingbasi­s (boss), wat hard genoeg moet wees sodat hy kan baklei vir die voorreg om vanaf sy agtste jaar koeie te kan dek.

Hulle teel tot ongeveer 11-jarige ouderdom en word dan uitgestoot en sluit hulle by groepe sogenoemde oujongkêre­ls aan. Daar is hulle as daghaboys (buffels wat in modder rol) bekend. Scrumcaps (bulle met horingbasi­sse sonder horings) kom ook daar voor.

Die beste teelbulle moenie gejag word nie en eerder toegelaat word om nageslag te teel, het Kevin gesê. Ongelukkig is juis die grootste buffels met ’n horingwydt­e van 40 duim en meer in trofeejagt­ers se visier.

Opnames wat in 2003 in ‘n gebied aangrensen­d aan ‘n nasionale park gedoen is, toon dat 3% van die bulle se horings in die lae 30 duim-klas was, 24% was in middel-30 duim-klas, 39% was in die hoë 30 duim-klas, 32% was in die lae 40 duimklas en 2% was in die hoë 40 duim-klas.

Verlede jaar het ’n opname in dieselfde gebied getoon 27% van die bulle was in die lae 30 duim-klas, 55% in die middel-30 duim-klas, 18% in die hoë 30 duim-klas, 6% in die lae 40 duim-klas en 3% in die hoë 40 duim-klas.

Kevin het dié situasie as skrikwekke­nd bestempel. — CHARL VAN ROOYEN

 ?? FOTO: CROUS-BROERS ?? Jagters moet die beste buffelbull­e toelaat om eerder goeie nageslag te teel as om hulle vir hul horings te jag, sê ’n kenner.
FOTO: CROUS-BROERS Jagters moet die beste buffelbull­e toelaat om eerder goeie nageslag te teel as om hulle vir hul horings te jag, sê ’n kenner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa