Landbouweekblad

KUNSBUL VIR LEERLINGAR­TSE

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Die Universite­it van Pretoria se fakulteit veeartseny­kunde het die wêreld se eerste volwaardig­e laboratori­umbul vir die opleiding van veeartse bekend gestel.

Die kunsbul is in die fakulteit se vaardighei­dslaborati­um op Onderstepo­ort, Pretoria, bekend gestel. Prof. Dietmar Holm, adjunk-dekaan, sê dit lei ’n opwindende tydvak vir die opleiding van veeartse in Suid-Afrika in. “Ons vind deurentyd nuwe maniere om opleiding te verbeter en ons kan met reg trots wees op hierdie vernuwing.”

Die nuwe oefenbul is enig in sy soort. Daar is nog geen ander soortgelyk­e modelle vir opleiding nie. “Dit was nie iets wat jy vir die fakulteit kon gaan aankoop nie. ’n Hele aantal van die funksies op die bul het saam met die ontwerp gegroei tot op die vlak waar ons nou 16 verskillen­de prosedures op die bul kan doen,” sê hy.

Die bul is die geesteskin­d van dr. Annett Annandale, bestuurder van die vaardighei­dslaborato­rium. Dit het begin met die idee om ’n model te laat bou om die prosedure te vergemakli­k om ’n bul se skede vir ’n geslagsiek­tetoets te skraap.

’n Veselglasb­ul met ’n jellaag is toe gebou. Die bul is op spesifieke dele met gewone beesvel oorgetrek en geslagsorg­ane, wat uit silikoon vervaardig is, is aangebring. ’n Pilatesbal dien as rumen, ’n rubberpyp as slukderm en ’n swembadpyp as lugpyp. ’n Regte pelvis, sakrum en stertwerwe­ls is ook op die model aangebring.

Van die vaardighed­e wat op die model geleer kan word, sluit in ’n rektale palpasie om die stand van die prostaat te ondersoek, ’n palpasie van die skede en die skrotum, ’n skrotum-omtrekmeti­ng en ’n skedeskrap­ing. Die plasing van ’n maagpyp na die rumen, binneaarse en onderhuids­e inspuiting­s, asook ’n epidurale narkose, kan op die model geoefen word.

’n Borgskap deur die dieregeson­dheidsmaat­skappy Zoetis het dit moontlik gemaak om die bul met die samewerkin­g van me. Liezel Kok, hoof van Anatomould­s, te bou. HEEL BO: MIDDEL BO: BO:

Mnr. Jacques de Jager van Zoetis sê dit is vir hulle ’n voorreg om by die projek betrokke te wees. “Ons het ’n strategie ontwikkel waarmee ons die fakulteit tot die beste van ons vermoë wil ondersteun tot voordeel van die hele veebedryf.”

Zoetis het ’n kompetisie vir die benaming van die bul gehou en dr. Roche Cronjé het met die wennaam “Inkunzoe” vorendag gekom. Dit is ’n vermenging van die Xhosa-woord vir bul (inkunze) en die naam van die maatskappy. ac.za.

Ghafsa Gamiet, e-pos: ghgamiet@sun.ac.za ,ofme.Cheryl Nieuwoudt, e-pos: cn2@sun.ac.za.

 ??  ??
 ??  ?? ’n Pilatesbal doen diens as rumen. Studente kan ook met behulp van stetoskope luister na die “werking” van Inkunzoe se maag, terwyl vloeistof deur ’n pyp regstreeks aan die rumen toegedien word.
’n Pilatesbal doen diens as rumen. Studente kan ook met behulp van stetoskope luister na die “werking” van Inkunzoe se maag, terwyl vloeistof deur ’n pyp regstreeks aan die rumen toegedien word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa