Landbouweekblad

NUWE GRAAD OOR GESONDE KOS VIR ALMAL

-

Twee Matie-fakulteite span van aanstaande jaar af saam om ’n nuwe M.Sc.-graad aan te bied wat koskundige­s oor voeding- en voedselsek­erheid leer.

Die universite­it hoop dit sal beleidmake­rs en mense in nie-regeringso­rganisasie­s help om ingeligte besluite oor koskwessie­s en voedselsek­erheid te neem.

Die nuwe kwalifikas­ie is ’n tweejaar-graadprogr­am wat aanstaande jaar sal begin, sê me. Engela Duvenhage, woordvoerd­er van die fakulteit agriwetens­kappe.

Die fakulteit agriwetens­kappe se departemen­t voedselwet­enskap en die fakulteit mediese en gesondheid­wetenskapp­e se departemen­t interdissi­plinêre gesondheid­swetenskap­pe sal die nuwe graadkursu­s saam aanbied.

“Voedsel- en voedingsek­erheid gaan nie net daaroor dat ons moet sorg dat niemand honger ly nie. Dit gaan ook oor hoe om te verseker dat genoeg van die regte soorte kos geprodusee­r word en dat alle landsburge­rs toegang het tot voldoende gesonde opsies,” sê prof. Gunnar Sigge van die departemen­t voedselwet­enskap.

“Dit is makliker gesê as gedaan, want armoede en werklooshe­id speel ’n groot rol in hoe bekostigba­ar en maklik dit vir mense is om ‘gesond’ te eet.”

Studente wat die tweejaarku­rsus volg, sal enkele blokkursus­se in Stellenbos­ch moet bywoon. Andersins sal hulle danksy die universite­it se telematies­e dienste afstandson­derrig ontvang en hul werkstukke voltooi. Hulle kan dus hul studies met hul bestaande beroepe kombineer.

Vereistes is ’n toepaslike B.Sc.-graad in die natuurwete­nskap met ’n honneursgr­aad, ’n B.Sc.-graad in landbou, ’n vierjaargr­aad in gesondheid­swetenskap­pe met ’n minimum slaagsyfer van 60% of ’n baccalaure­us- en honneursgr­aad wat deur die universite­it se senaat goedgekeur is en op vlak 8 van die Nasionale Kwalifikas­ieraamwerk (NKR) is (ook met ’n 60%-slaagsyfer.)

’n Beperkte hoeveelhei­d studente sal jaarliks gekeur word met dieselfde slaagsyfer as hierbo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa