Is die eenmansaak se dae getel?
Die meeste landbouondernemings is tans nog eenmansake, maar familiewelvaart word kwaai ingeboet tydens elke oorerwing. Dié ondernemingsvorm raak jou beursie die kwaaiste.
Dit is vir die meeste boere ’n lewensdroom om die boerdery eendag aan die volgende geslag oor te dra. Dit is egter ’n proses wat met baie beplanning, bestuursbesluite en kommunikasie moet geskied omdat die oordrag van ’n boerdery nie oornag kan plaasvind nie.
Die erfopvolgingsplan moet die huidige ondernemingsvorm of -vorms in ag neem en daar moet ook bepaal word watter ondernemingsvorme vir die uitvoering van die plan gebruik gaan word.
Die beste ondernemingsvorm sal beïnvloed word deur: Hoeveel beheer die boer oor die boerdery en oor die bates wil uitoefen. Of daar ’n behoefte aan ’n tussentydse reëling is (soos in die geval van minderjarige kinders), en of daar vanuit die staanspoor ’n permanente reëling getref kan word. Die waarde van die bates. Die aantal erfopvolgers. Boerende en nie-boerende erfopvolgers. Opvolgende geslagte (derde geslag) se moontlike toetrede tot die boerdery. Die huidige besigheidsvorm.
Amptelike statistieke oor die ondernemingsvorme waarbinne boerderye gestruktureer word, is nie beskikbaar nie. In ’n onlangse artikel in VKB se publikasie, Die pad saam, is VKB en NTK se ledelyste ontleed en die ondernemingsvorme van hierdie boerderye word in die GRAFIEK getoon.
Na raming is daar 3 297 hooflede van VKB en NTK, wat as boerderye geag kan word. Hiervan is 64% individue, 26% maatskappye en beslote korporasies (BK’s), 9% trusts en 1% vennootskappe. Die oorgrote aantal boerderye word dus as eenmansake bedryf.
OPVOLGERS
Daar word gereeld aangevoer dat boerdery nie vir die jonger geslag ’n aantreklike loopbaan is nie, waarskynlik weens die hoë kapitaalvereistes. Grondpryse het die afgelope tien jaar in sekere distrikte met tot 1 000% gestyg – ■ Kies ’n ondernemingsvorm wat by jou boerdery se behoeftes pas – en doen dit weldeurdag, want daar is baie geld daarby betrokke. ■ Om op eie stoom ’n boerderyonderneming te begin, is uitdagend en verg tot R5 miljoen aanvangskapitaal. ■ Belastinggewys is ’n eenmansaak met veevoorraad nadelig en word familiewelvaart tydens elke erfopvolging ingeboet.
in die Oos-Vrystaat met gemiddeld 449% – en 100 hektaar gaan tans sowat R2 miljoen kos.
’n Eenvoudige stel trekkers en toerusting gaan nóg R2 miljoen kos. Die direkte koste om byvoorbeeld 100 ha mielies te plant is sowat R700 000. Met nog R300 000 se oorhoofse uitgawes gaan ’n jong boer wat 100 ha mielies wil plant, dus ten minste R5 miljoen se aanvangskapitaal tot sy beskikking moet hê.
Dit is dus feitlik onmoontlik om op eie stoom ’n boerdery te begin. Die beste (dalk enigste) manier van toetrede is wanneer ’n jong voornemende boer deel van ’n ouer boer se erfopvolgingsplan is. ’n Ontleding van die rekenmeesterspraktyk Computus se deelnemende groep boere in die Oos-Vrystaat wys in watter mate jong boere reeds deel van ouer
ONDERNEMINGSVORME VAN BOERDERYE pe en daarom is ’n enkele een nie noodwendig die antwoord op alle boerderye se unieke omstandighede nie. Die boer moet gevolglik die ondernemingsvorm kies wat die beste by sy omstandighede pas.
Die keuse van ’n ondernemingsvorm moet ook weldeurdag wees, want dit kos geld en veroorsaak heelwat administratiewe ongerief om van ondernemingsvorm te verander.
Die volgende faktore speel ’n rol by die keuse van ’n ondernemingsvorm: Die aard van die produk of diens wat aangebied word. Die graad van aanspreeklikheid wat die eienaars wil aanvaar. Die kontinuïteit wat daar moet wees indien die besigheid verkoop of vererf gaan word. Die mate waarin die eienaars aan die bestuursproses moet deelneem. Die hoeveelheid kapitaal wat benodig word om die besigheid op te rig. Die mate waarin die eienaars in die wins moet deel. Toegewings ten opsigte van belastings. Statutêre verpligtinge waaraan die besigheid moet voldoen. Eenmansaak. Die eenmansaak bied absolute onafhanklikheid ten opsigte van besluitneming en kan veral geskik wees in gevalle waar die wins nie so hoog is nie. Daar is ook heelwat belastingvoordele, hoewel die marginale inkomstebelastingskaal van 41% tog nadelig kan wees as die belasbare inkomste meer as R700 000 per jaar beloop.
Die grootste nadeel van ’n eenmansaak is sy kontinuïteit, wat beteken dat die boerdery