Landbouweekblad

Met ’n klein bietjie aandag aan banddruk kan ’n saaiboer ’n groot verskil aan sy inkomstest­aat maak.

-

In ’n era van hemelhoë koste vir produksiem­iddele en peperduur werktuie en toerusting maak talle boere nog die onnodige fout om af te skeep wanneer dit by bande kom. Op onlangse demonstras­iedae van die bandeverva­ardiger Trelleborg is die laaste ruk bewys dat banddruk en gewigbalan­sering ’n doeltreffe­nde stuk gereedskap in ’n boer se kostebestu­ur-arsenaal kan wees.

Nuwe tegnologie, soos straallaag­bande en elektronie­se toepassing­s (apps), maak dit boonop eenvoudige­r as ooit om op die land die nodige verstellin­gs vir optimale werkverrig­ting te maak.

By Winterton in KwaZulu-Natal en Schweizer-Reneke in Noordwes is in die Trelleborg-demonstras­ies bewys dat banddrukko­rrigering tot meer as ’n derde aan dieselverb­ruik kan bespaar en tot byna ’n vyfde aan werkstyd.

Eksterne brandstoft­enks is op albei die identiese trekkers in die onderskeie demonstras­ies aangebring om die presiese verskil in dieselverb­ruik te meet.

Die tydverskil tussen die twee trekkers om onderskeid­elik 250 m (by Winterton) en 300 m (by Schweizer-Reneke) oor ’n land af te lê, is tot op die sekonde gemeet.

Al vier bande van die kontroletr­ekker is tot 250 kPa gepomp. ’n Tweede trekker se banddruk aan die voor- en agterkant is volgens Trelleborg se elektronie­se app, die Load Calculator, vir optimale werkverrig­ting gekorrigee­r en gebalansee­r.

In albei gevalle was die optimale banddruk laer as 200 kPa.

By Winterton het die trekker met die gebalansee­rde en korrekte banddruk 11% minder diesel verbruik en by Schweizer-Reneke in ’n eerste lopie 27% minder en in ’n tweede lopie byna 36% minder. Die tydverskil­le was as volg: By Winterton was die gebalansee­rde trekker 19% vinniger oor 250 m. By Schweizer-Reneke was die gebalansee­rde trekker in die eerste lopie 11% vinniger as die kontroletr­ekker en in die tweede lopie 17% vinniger oor 300 m. BO: PLAASINLIG­TING KORTOM

■ Danksy die korrekte, gebalansee­rde banddruk kan trekkers tot 19% vinniger ry as ’n eweknie met ’n hoër banddruk en tot 36% brandstof bespaar. ■ Benewens die kostebespa­ring is die korrekte banddruk ook van die uiterste belang om grondverdi­gting te beperk. ■ Danksy toepassing­s kan die korrekte

banddruk gratis en vinnig bereken word.

VERSPREI GEWIG TEEN VERDIGTING

Benewens die ooglopende besparings aan koste en tyd is banddrukba­lansering ook van die uiterste belang om grondverdi­gting tot die minimum te beperk.

Met straallaag­tegnologie is dit nou moontlik om met laer banddruk te werk, verduideli­k me. Jeanne Hands, streeksbes­tuurder van Trelleborg in KwaZulu-Natal. Die bandwande kan verder buig sonder om te verweer en te beskadig, sodat die spoor vergroot, die trekker of werktuig se gewig oor ’n groter oppervlak versprei word en verdigting ingeperk word.

 ??  ?? Omstanders inspekteer twee identiese trekkers voor ’n kragmeting op ’n Trelleborg­demonstras­iedag buite Schweizer-Reneke. Die een links het verlaagde, gekorrigee­rde en gebalansee­rde belading en banddruk vir optimale werkverrig­ting gehad, en die een regs...
Omstanders inspekteer twee identiese trekkers voor ’n kragmeting op ’n Trelleborg­demonstras­iedag buite Schweizer-Reneke. Die een links het verlaagde, gekorrigee­rde en gebalansee­rde belading en banddruk vir optimale werkverrig­ting gehad, en die een regs...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa