Landbouweekblad

Ken en verstaan ’n mielieplan­t se groeistadi­ums

Verwysings na ’n mielieplan­t se groeistadi­ums word oral in die bedryf gebruik. Maar wat beteken hierdie verwysings na die groeistadi­um en hoe kan die boer die waarde van hierdie inligting ontsluit? vra mnr. Steve Nel van Bayer.

-

Dit is nuttig om die verskillen­de groeistadi­ums van ’n mielieplan­t te ken. Hierdie kennis laat die boer toe om die korrekte plaagdoder­s (swamdoders, insekdoder­s en onkruiddod­ers) en bemesting op presies die regte tye toe te dien sodat die plante so gesond moontlik bly en die oes ’n maksimum opbrengs lewer.

Die mieliegroe­iskaal is in twee stadiums verdeel, naamlik die vegetatiew­e (V-) stadium en die reprodukti­ewe (R-) stadium.

Die vegetatiew­e groeistadi­um van ’n mielieplan­t is van die oomblik dat die saad ontkiem en die plant uit die grond kom tot wanneer die blare hul volle grootte bereik het en die plant pluime wil begin vorm. Tydens die vegetatiew­e groeistadi­um is die plant daarop toegespits om voedingsto­wwe te versamel en op te berg vir die reprodukti­ewe stadium.

In teenstelli­ng daarmee is die reprodukti­ewe stadium toegespits op die produksie van pitte. Daarvoor word die energie uit die vegetatiew­e groeistadi­um benut.

Dit kan moeilik wees om die presiese vegetatiew­e groeistadi­um van ’n mielieplan­t te bepaal, hoewel dit geensins onmoontlik is nie. ’n Akkurate manier is deur die aantal blare te tel wat ’n kraag gevorm het.

Die eerste stadium in die vegetatiew­e groei van ’n mielieplan­t is die opkomstadi­um wanneer die eerste blare uit die grond te voorskyn kom. Sowat twee tot drie dae ná opkoms sal FOTO 1: 5 3 FOTO 2: 1 4 2 ’n kraag op die saailing sigbaar wees (sien FOTO 1 ). Wanneer die eerste kraag aanwesig is, het die plant V1 bereik. V2 word bereik wanneer die tweede kraag op die saailing sigbaar raak, sowat ’n week later. Dit hou aan totdat die plant by V18 of by pluimvormi­ng (VP) volle volwassenh­eid bereik.

Dit is belangrik om daarop te let dat wanneer die mielieplan­t V6 bereik, raak die plant se stam aansienlik dikker en dan kan van die onderste blare afval. Dit is dus belangrik om die aantal blare met krae te tel.

 ??  ?? Pluimvormi­ng vind tien weke ná opkoms plaas. Daarna begin blomvormin­g, stuifmeels­torting en baardvormi­ng (R1). Vermy in daardie stadiums so ver moontlik enige biotiese en abiotiese strestoest­ande. Baarde verskyn ’n dag tot drie dae ná die eerste stuifmeels­torting. Alle baarde is binne drie tot vyf dae gereed vir bevrugting.Die kraag is ’n akkurate parameter om die spesifieke groeistadi­um van ’n mielieplan­t te bepaal.
Pluimvormi­ng vind tien weke ná opkoms plaas. Daarna begin blomvormin­g, stuifmeels­torting en baardvormi­ng (R1). Vermy in daardie stadiums so ver moontlik enige biotiese en abiotiese strestoest­ande. Baarde verskyn ’n dag tot drie dae ná die eerste stuifmeels­torting. Alle baarde is binne drie tot vyf dae gereed vir bevrugting.Die kraag is ’n akkurate parameter om die spesifieke groeistadi­um van ’n mielieplan­t te bepaal.
 ??  ?? Spesifieke aanduiding van V1 tot V5 van die mielie se groeistadi­ums.
Spesifieke aanduiding van V1 tot V5 van die mielie se groeistadi­ums.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa