Landbouweekblad

Platform maak boordtake maklik

’n Selfloper-plukplatfo­rm wat teen minder as R100 per dag loop, maak die lewe van vrugteboer­e én werkers aansienlik makliker en talle boordtake word tot 35% doeltreffe­nder uitgevoer.

-

Hy kon nie glo dat vrugteboer­e so met traplere in oestyd sukkel nie. Daarom het mnr. Koos Wilkinson – ’n man wat nog altyd lief was vir “wieletjies en draadjies” – ’n selfloper-plukplatfo­rm ontwerp wat op drie vlakke kan werk.

Volgens mnr. Francois Hess, produksieb­estuurder op die Stellenbos­se vrugte-enblommepl­aas Morgenzon, het dié platform sy lewe sommer baie vergemakli­k.

“Die enigste nadeel is dat ons net twee het! Ek vra vir meer,” vertel hy laggend.

“Ons gebruik dit tydens snoeityd, om uit te dun, vir somersnoei én om te oes. Alles wat tradisione­el met traplere gedoen is, word nou met die platforms gedoen. Waar dit altyd ’n gesukkel was om deur uitdun en snoei te kom, is ons produktiwi­teit nou heelwat hoër, wat die koste afbring. Ons is 30% tot 35% doeltreffe­nder,” sê Francois, wat 38 ha pruime bestuur. Nog ’n groot voordeel is dat plukval – ’n groot probleem in die vrugtebedr­yf – bykans nie meer gebeur nie. “Gewoonlik is plukval tussen 10% en 15%, maar nou is dit eintlik niks nie, want die werkers hoef nie in die boom te klim of te werskaf nie.” Koos is die eienaar van Pico Products, maar was 43 jaar lank verbonde aan Metrorail, waar hy as sinjaalteg­nikus gewerk het. Hy het in 2012 die eerste plukplatfo­rm vir die broers Pieter en Jaco Olivier van Frisgewaag­d, naby Prins Albert, gebou. (Die Pico-platform is na die twee broers genoem.) Nou loop daar al altesame 15 van dié geel bulletjies in die Wes-Kaapse vrugtebedr­yf en die bestelling­s stroom in. Koos, wat in Augustus afgetree het, gaan hom nou heeltyds wy daaraan om die platforms en ander landboutoe­rusting te bou. LIGGING Die staalplatf­orm het ses kleiner, verskuifba­re platforms op drie verskillen­de hoogtes. Daar is drie platforms (450 cm breed) aan elke kant. Elkeen dra twee tot drie mense, met plek vir ’n plastiek-plukkrat tussen hulle.

“Die voorste vier platforms is ook verstelbaa­r. Die voorste twee is die hoogste sodat werkers die hoogste takke kan bykom. Die volgende twee is ’n bietjie laer, vir werk in die middelste deel van die boom. Die twee laagste platforms kan nie skuif nie,” verduideli­k Koos.

Om die koste laag te hou, word die platforms met die hand verstel – en dít duur net ’n paar minute, sê hy. Al ses platforms is ook horisontaa­l verstelbaa­r en kan dus nouer gemaak word. Die bome op Morgenzon is sowat 4,5 m hoog en die hoogste platform kom gemaklik daarby uit.

“Ons is nou besig met uitdunwerk en jy kan sien die boonste en onderste dele van die boom is baie eweredig uitgedun. Dis onmoontlik om so ’n egalige verspreidi­ng te kry as jy die trappe gebruik, want ons oë kom net nie daar bo nie,” sê Francois.

Die platforms kan ook na binne en buite skuif vir wanneer die rye dalk wyer is of werkers diep in die bome moet werk.

Hy sê daar kan tot drie mense per platform staan, maar die opsigter moet seker maak hulle is nie in mekaar se pad nie. Die platform dra gewoonlik sowat 12 boordwerke­rs en ’n operateur wat as “ekstra paar oë dien” om seker te maak die werkers verbrou nie.

Die werktuig is minder as 3 m wyd, sodat dit maklik in boordrye van 3-4 m kan pas, maar Koos het ook al ’n baie nou platform (net 1,3 m wyd) vir ’n hoë-digtheid-aanplantin­g gebou.

Francois noem dat vrugtebome wel so opgelei moet wees dat die sytakke van die punt tot by die leier nie langer as ’n armlengte moet wees nie, anders sukkel die werkers om tot binne in die bome te werk.

Op die plukplatfo­rm is ook ’n “glybaan” waar sowat ses leë en ses vol kratte tydens oestyd gehou kan word.

LOOP SELF TOT 2 KM/H

Die selfloper-platform word hidrostati­es aangedryf en kan teen 200 m/h tot 2 km/h beweeg. Dit is toegerus met ’n Honda-enjin wat 7 kW lewer. “Die spoed waarteen die platform loop, is ook die spoed waarteen die plukkers werk,” sê Koos.

Die platform kan ook op aanvraag met ’n 10 kW-dieselenji­n toegerus word.

Die ratkas is ’n “stokkie” en daar is opsies om vorentoe en in trurat te ry. Dit is dus baie maklik om te bestuur en sodra dit in rat is, loop dit outomaties.

 ??  ?? Die operateur dien ook as toesighoue­r. Die selfloper-platform kan tussen 200 m/h en 2 km/h ry.
Die operateur dien ook as toesighoue­r. Die selfloper-platform kan tussen 200 m/h en 2 km/h ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa