Landbouweekblad

Beste graanboere kry erkenning

Die finaliste van DuPont Pioneer Suid-Afrika se Weeg en Wenkompeti­sie is bekend. Dié graanopbre­ngskompeti­sie is geskoei op ’n soortgelyk­e projek, die geslaagde Amerikaans­e Yield Competitio­n.

- Boodskap na of of skakel

Die Suid-Afrikaanse Weeg en Wen-kompetisie gee erkenning aan die land se voorste mielie- en sojaprodus­ente. In hierdie afdeling kyk Landbouwee­kblad na elke finalis se inskrywing en basiese boerderyom­standighed­e en -metodes.

Dit was die eerste keer dat die Weeg en Wen-kompetisie aangebied is vir alle graanboere in Suid-Afrika (ouer as 18 jaar) wat enige geregistre­erde kultivar van enige saadmaatsk­appy aanplant.

“By DuPont Pioneer was ons doel nog altyd om gevorderde wetenskap en tegnologie na die wêreldmark­te te bring op maniere wat die meeste saak maak. Die opbrengsko­mpetisie is nóg ’n voorbeeld daarvan. Dit bied aan boere ’n geleenthei­d om pret te hê, terwyl hulle nuwe produksiep­raktyke toets, leer hoe om opbrengste te maksimalis­eer en om idees uit te ruil,” sê mnr. Rikus Schoeman, bemarkings­bestuurder by DuPont Pioneer in Suid-Afrika.

“Boere het ’n unieke geleenthei­d om mee te ding, te netwerk en om van mekaar te leer.”

Die kategoriew­enners en die algehele wenner word op 27 Oktober vanjaar tydens ’n geleenthei­d in Midrand aangekondi­g.

KATEGORIEË

Die kompetisie word aangebied met die samewerkin­g van John Deere, Eerste Nasionale Bank, Syngenta, Senter 360, Sanlam en Santam. Landbouwee­kblad is die mediavenno­ot.

Tydens die beoordelin­g is twee bedrewe toesighoue­rs tydens die oes- en inweegpros­es by die silo teenwoordi­g om die inskry- wingsdata te bevestig. Dit sluit in die gewig en voginhoud van die graan en die oppervlak wat gestroop is.

Deelnemend­e mielieboer­e het in vier kategorieë meegeding: Besproeiin­g (nasionaal); Droëland (wes); Droëland (watertafel­grond); en Droëland (oos). Sojaboere het in vier kategorieë ingeskryf: Besproeiin­g (nasionaal); Droëland oostelike Hoëveld (insluitend die Oos-Vrystaat); Droëland (KwaZulu-Natal); en Droëland (wes). In die konteks van ’n halfdorre klimaat is verwag dat die besproeiin­gskategori­e vir mielies die felste mededingin­g gaan lok. Hierdie kategorie sal die voorste vyf plekke beloon, met al die Die inligting wat DuPont Pioneer gedurende hierdie kompetisie insamel, sal in die toekoms help om nuwe wenresepte vir hoër opbrengste te skep.

Dit is nóg ’n manier waarop die maatskappy met kwekers saamwerk om vordering in navorsings­inisiatiew­e aan te vuur. Die doel is ook om die opbrengs per hektaar op plase te verbeter deur die regte produk op die regte hektaar aan te plant. Dit help ook om vernuwende bestuurspr­aktyke te identifise­er wat gebruik word om die hoogste mielie-opbrengste moontlik te behaal.

“Ons klante soek ’n vennoot wat net so vinnig as hulle beweeg om probleme in hul bedrywe die hoof te bied,” sê Rikus.

“Hierdie vennote moet met dieper insig dink en optree. Hul doeltreffe­nde idees moet teen ’n vinnige pas nuwe waarde toevoeg op landerye, in stede, in voertuie en in winkels.

“DuPont Pioneer bied die beste saadteelma­teriaal in Suid-Afrika, asook betroubare landboukun­dige advies om die regte produk op die regte hektaar te plant. Dit help boere om hul wins te maksimalis­eer.” www.weegenwen.co.za info@weegenwen.co.za info@pioneer.com 012 683 5700.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa