Landbouweekblad

Boere verras beoordelaa­rs én hulself

Die deelnemers aan en die beoordelaa­rs van die Weeg en Wen-kompetisie was verras om te sien hoe goed die opbrengste in die Suid-Afrikaanse kompetisie opweeg teen die Amerikaans­e weergawe daarvan.

-

“Volgens die kompetisie­reëls moes minstens twee beamptes van enige van die betrokke borge op die dag van stroop teenwoordi­g wees om seker te maak die voorgeskre­we protokol word landwyd dieselfde toegepas. Verskeie beoordelaa­rs was dus betrokke omdat boere landwyd versprei is,” sê Barbra.

SYFERS

Alle berekening­s is tot die vierde desimale punt gedoen en groot aandag is geskenk aan die vogbepalin­g en die neem van verteenwoo­rdigende monsters van die oeste wat ingeskryf is. Die totale (normalized difference vegetation index) kilogram graan wat geoes is, is aangepas tot 12,5% vog in die geval van mielies. Hierdie waarde is dan deur twee gedeel (die blok van 2 ha wat gestroop is) om die opbrengs per hektaar te bepaal.

Ondanks die droogte het die finaliste uitstekend­e inskrywing­s ingedien. Natuurlik is daar altyd wenners en verloorder­s in enige kompetisie, maar in sulke uiterste toestande soos wat die 2015-’16-groeityd opgelewer het, het die wenners se inskrywing­s alle verwagting­e oortref.

Alle inskrywing­s moes teen 30 April gefinalise­er wees.

“Om ’n opbrengsko­mpetisie Van die statistiek­e wat uit die kompetisie verkry is, dui daarop dat verbeterin­g beslis nog moontlik is. Benewens die normale kunsmistoe­dienings, wat wissel van boer tot boer en gebied tot gebied, het ’n paar ander faktore ook die finaliste onderskei. Die meeste finaliste gebruik swamdoders en aanvullend­e blaarbespu­itings, wat vir seker ’n groot invloed op hul sukses gehad het, meen Roelof.

“By tegnologie, soos grondklask­aarte, blaarontle­dings en NDVI-beelde wat die groeikragi­ndeks aandui, skiet selfs ons topboere nog te kort. Daar is ’n groot geleenthei­d vir boere om dié tegnologie in die toekoms tot hul voordeel in te span.”

Hommeltuie wat lugfoto’s neem, is van die tegnologie wat Suid-Afrikaanse boere inspan om vroegtydig probleemko­lle in ’n landery uit te wys.

Met die ontleding van hierdie beelde wat andersins nie met die blote oog sigbaar sou wees nie, kan die boer vinnig reageer en verliese beperk.

Dit is natuurlik nie so eenvoudig soos ’n soetkoekie­resep nie. Elke plaas is anders en só ook die mense op die plaas. ’n Kombinasie faktore, soos die boer self, sy werkerskor­ps, die keuse van bewerkings­metodes, kultivarke­use en klimaat, is maar net ’n paar dinge wat tot die sukses of ondergang van ’n plaas bydra.

“Die finaliste het hulle onderskei van hul medeboere deurdat hulle voortduren­d aan die voorpunt van tegnologie gebly het. Só kon hulle ook met selfvertro­ue die beste 2 ha vir die kompetisie uitmerk. Hierdie boere het almal kundiges gebruik om saam die sukses op hul plase te verseker,” sê Roelof.

 ??  ?? ’n Voorbeeld van ’n NDVI-beeld kleurkodes wat beter en swakker kolle uitwys. wat die groeikragi­ndeks aandui met
’n Voorbeeld van ’n NDVI-beeld kleurkodes wat beter en swakker kolle uitwys. wat die groeikragi­ndeks aandui met

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa