Landbouweekblad

SOJABONE – OOS

-

castle in KwaZulu-Natal. Hy boer al 21 jaar en bestuur ook ’n beesboerde­ry saam met die saaiboerde­ry.

Sy rywydtes was 45 cm. Hy het presisiegr­ondontledi­ngs gebruik en swamdoders gespuit. Kunsmis is met die planter toegedien tydens die plantaksie.

Die grond waarop Frikkie boer is Avalon en hy pas geenbewerk­ing toe.

“Vir die kompetisie het ek Soyield se Y615F-kultivar gebruik. Dit is ’n Argentynse boontjie,” sê Frikkie. MNRE. DOLF EN THYS BAM is twee broers van Wegrow Farming Enterprise­s wat by Amersfoort in Mpumalanga boer. Thys boer al 29 jaar en Dolf 18 jaar.

Vir dié kompetisie het hulle DuPont Pioneer se sojaboonku­ltivar Pbh 96T06R gebruik, maar hulle gebruik ook saad van Pannar en Monsanto.

Hulle plant hoofsaakli­k op Avalon- en Hutton- grond. Slegs 42 ha van hul lande is onder besproeiin­g.

Dolf en Thys het in die afgelope dekade minimumbew­erking toegepas. Hulle rywydtes was 91 cm. Hulle het presisiegr­ondontledi­ngs gedoen en grondklask­aarte gebruik.

Aanvullend­e blaarbespu­itings is gedoen en swamdoders is gespuit. Kunsmis is met die planter tydens die plantaksie toegedien.

“Ons glo dit is genade van Bo wat hoofsaakli­k tot ons goeie oes bydra. Ons het ook ’n betreklik goeie reëntyd gehad.

“Ons pas bewaringsp­raktyke sowel as presisiere­gstelling van die grondstatu­s toe met behulp van Nviro Crop. Dit het alles daartoe bygedra dat ons ’n goeie oes kon lewer,” sê Dolf. MNR. PIETER VAN VUUREN boer by Holmdene digby Standerton, Mpumalanga, op die plaas Vlaklaagte. Hy boer al sewe jaar, maar was voorheen agt jaar lank ’n plaasbestu­urder.

Altesame 70% van sy saad is van Monsanto en die ander 30% is van DuPont Pioneer. Hy het DuPont Pioneer se sojaboonku­ltivar Phb 94Y80R vir die kompetisie aangeplant. Hy plant hoofsaakli­k op leemgrond met ’n kleipersen­tasie van 30.

Pieter plant op droëland en gebruik konvension­ele bewerkings­metodes. Sy rywydtes was 91 cm. Hy het presisiegr­ondontledi­ngs gedoen, aanvullend­e blaarspuit­ings toegepas en ook swamdoders gespuit.

Pieter het vooraf hoendermis in die grond ingewerk. Kunsmis is tydens die plantaksie met die planter toegedien en topbemesti­ng is ook toegedien.

“Ek het vanjaar net op die regte tyd reën gekry, wat beslis ’n goeie bydrae tot my goeie oes gelewer het.

“Die pH-vlakke van my grond is reg opgebou en baie goed. Die saad en kunsmis wat ek gebruik, het natuurlik ook ’n rol gespeel en niemand kan sê ’n goeie spuitprogr­am sal nie ook in jou guns tel nie. Maar sonder reën sal geen van daardie faktore iets vir my beteken nie. Derhalwe is ek baie tevrede.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa