Landbouweekblad

SOJABONE – WES

-

boer al ses jaar saam met sy pa en sy broer op die plaas Klipspruit by Delmas, Mpumalanga. Hulle gebruik saad van Pannar en het vir die kompetisie die kultivar PAN 1664R aangeplant.

Die grond waarop hulle boer, bevat 20% klei en hulle plant op droëland. Johan pas so ver moontlik minimumbew­erking toe. Sy rywydtes was 76 cm.

Hy het aanvullend­e blaarbespu­itings gedoen en ’n bemestings­program gebruik. Johan het vooraf hoendermis in die grond ingewerk. Hy laat ook die hoendermis ontleed. Só weet hy presies watter aanvullend­e bemesting of blaarvoedi­ng nodig is.

“Ek glo die grondtipe waarop ons plant, het ’n groot invloed op ons goeie opbrengste omdat dit ’n hoë klei-inhoud het.

“Ondanks vanjaar se hitte het ons steeds goeie grondvog gehad danksy redelike goeie reën,” sê Johan. MNR. ARMAND DE VILLIERS boer by Fochville in Noordwes en sy boerdery se naam is Sirkel A-boerdery. Hy boer al van 1998 af en gebruik saad van Pannar, Monsanto, DuPont Pioneer en Link Seed in sy boerdery.

Vir die kompetisie is die lap grond wat hy ingeskryf het, met die kultivar LS 6164R van Link Seed beplant.

Die grondtipe op sy plaas is hoofsaakli­k Cartref en Glenrosa. Net 62 ha van sy lande is onder besproeiin­g en 2 100 ha is droëland. Hy pas minimumbew­erking toe.

Armand het ook biologiese grondmidde­ls gebruik en swamdoders gespuit. Kunsmis is tydens die plantaksie met die planter toegedien. Die rywydtes was 91 cm.

“’n Bui reën op die regte tyd is een van die grootste bydraende faktore tot ’n boer se sukses. My grondstatu­s was ook reg, die plantestan­d is goed bereken en toegepas en ek het ’n goeie spuitprogr­am gebruik,” sê Armand.

MNR. BERNHARD RABE het ingeskryf vir sowel sojabone en mielies op droëland. Hy boer by Fochville in Noordwes op die plaas Tweefontei­n. Bernhard boer al van 1995 af.

Die mielieland wat vir die kompetisie ingeskryf is, is met die kultivar DKC 78-79BR van Monsanto beplant. Vir die sojaboonko­mpetisie het hy die kul-

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa