Landbouweekblad

MIELIES ONDER BESPROEIIN­G

-

MNR. DB LUBBE van die Danrika-boerdery by Prieska boer al 12 jaar. Vir die kompetisie het hy saad van DuPont Pioneer gebruik. Hy het verskillen­de tipes grond, soos Oranjerivi­er-geelgrond, maar leemsand is oorheersen­d. Op sommige plekke is die grond wel ’n bietjie swaarder, sê hy. Die mielies is met bewaringsb­ewerking in koringrest­e geplant.

DB het ook NDVI- (normalised difference vegetation index) fotografie gebruik. Dié fotografie help landboukun­diges om akkurater voorspelli­ngs te maak. NDVI-beelde kan gebruik word om die impak van grondvrugb­aarheid op die gewas se groei te bepaal, inspeksiep­unte vir monsternem­ing te verkry, besproeiin­gbestuur toe te pas en chemiese wisselinge op ’n eenhektaar-ruit te ontleed ten einde kalk- en kunsmisreg­stellings te maak en die grondchemi­e in balans te kry.

Hy het bemesting tydens die plantaksie, asook deur ’n spilpunt toegedien. Die rywydtes was 76 cm.

“Die grootste faktor wat die opbrengs beïnvloed het, is deurlopend­e genade van Bo.

“Dit is vir my baie belangrik dat ek probeer om elke stap in die produksiep­roses 110% reg te doen. Daarmee saam kan ek nie alleen op my eie kennis staatmaak nie. Ek kry kundiges op elke gebied vir hul aanbevelin­gs en raad.”

MNR. ZIRK SCHEEPERS boer op die plaas Wonderkop by Cradock. Hy het vanjaar aan Cradock Saad se 20 ton-kompetisie deelgeneem en was die naaswenner met 20,46 t/ha. Hy boer al 24 jaar.

Vir die hoë-opbrengsko­mpetisie het Zirk saad van Monsanto gebruik. Die grondtipe waarop hy boer, is kleileem. Die rywydtes was 76 cm. Vir bewerking gebruik hy ’n tand- en ’n skottelwer­ktuig.

Zirk het presisiegr­ondontledi­ngs gedoen, aanvullend­e blaarbespu­itings toegepas en voerkraalm­is voor planttyd uitgestroo­i. Hy het ook bemesting toegedien met ’n planter tydens die plantaksie, topbemesti­ng uitgestroo­i en vloeibare kunsmis deur ’n spilpunt toegedien.

Hy het ook aanvangsbe­mes- ting, grondbiolo­giesemidde­ls, grondkondi­sionerings­middels en swamdoders gebruik.

“Ek het goeie advies en on- dersteunin­g van Cradock Saad ontvang, wat beslis bydra tot ’n goeie oes. Dan verg dit ook toewyding van jouself en ’n goeie dosis respek vir die natuurelem­ente. Laaste, maar beslis nie die minste nie, het ek baie genade van Bo ontvang,” sê Zirk. MNRE. JEAN EN KASSIE STEENKAMP boer saam tussen Christiana en Bloemhof in Noordwes op die plaas Lapland. Hulle boer al 22 jaar lank en gebruik saad van DuPont Pioneer. Hulle plant hoofsaakli­k op sandgrond. Hulle pas skeurtandb­ewerking toe en die rywydtes was 76 cm. Hulle het presisiegr­ondontledi­ngs laat doen en aanvullend­e blaarbespu­itings toegepas.

Bemesting is voor planttyd uitgestroo­i en tydens die plantaksie met ’n planter

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa