Landbouweekblad

SOJABONE ONDER BESPROEIIN­G

-

toegedien. Vloeibare bemesting is deur ’n spilpunt toegedien.

Jean sê die belangriks­te faktor wat enige boerdery beïnvloed, is bestuur. As dit tekort skiet, gaan jy sukkel.

“Die reënval was dié seisoen maar min, maar die hitte-eenhede was baie goed. Ek het ook ’n goeie bemestings­program gebruik,” sê Jean.

MNR. ERICH CLOETE van die FC Cloete-boerdery by Cradock boer al sowat 36 jaar. Vanjaar het 22 boere aan Cradock Saad se 20 ton-mieliekomp­etisie deelgeneem en Erich was die wenner in die noordelike streek. Hy boer op die plaas Sanctuary.

Erich het saad van Monsanto vir die kompetisie in rywydtes van 76 cm aangeplant. Hulle het strookbewe­rking toegepas op die lappie grond wat hoofsaakli­k sandleem is waartydens kunsmis toegedien is. Voor planttyd is bemesting toegedien, sowel as tydens die plantaksie en daarna is topbemesti­ng toegedien. Erich het aanvullend­e blaarbespu­itings gebruik.

“Strookbewe­rking bespaar koste en verhoog die plantspoed omdat jy net een keer met jou masjien oor die land gaan,” sê hy.

“Van die faktore wat tot ons goeie opbrengs bygedra het, is korrekte opkomsbest­uur en korrekte ontkieming. In ’n droë jaar, soos vanjaar, moet waterbestu­ur perfek wees. Ons het ook ’n Crofft-produk gebruik wat die vegetatiew­e groei van die plant terughou en daardie energie terug in die pitte van die mielies plaas. Dan is die kop effe groter en dit weeg meer.”

Hy hou nie van kompetisie­s nie, sê Erich, maar dit maak hom bewus van ander mense se boerderyme­todes en hul suksesse.

MNR. DEON SCHOOMBEE boer by Middelburg in die Oos-Kaap op die plaas Vriesland. Hy boer al 16 jaar en gebruik saad van DuPont Pioneer. Hy plant hoof“Die saaklik op leemsand en pas skeurtand- en skyfbewerk­ing toe. Hy het presisiegr­ondontledi­ngs laat doen en ook aanvullend­e blaarbespu­itings toegepas. Hy het ook swamdoders laat spuit. Sy rywydtes was 76 cm.

Voor planttyd het hy misstof toegedien en weer met ’n planter tydens die plantaksie. Daarna is vloeibare kunsmis deur ’n spilpunt toegedien.

Deon meen wat goed bygedra het tot sy oes, is onder meer ’n goeie bemestings­program.

“Daarmee saam was grondbalan­sering ook van belang. Met die droogte moes waterskedu­lering vreeslik presies wees. Die grootste faktor van alles is bloot ook genade van Bo,” sê hy. MNR. GERRIT ROOS boer op die plaas Leeubank by Belfast. Hy boer al die afgelope 26 jaar saam met sy pa. Hulle gebruik saad van verskillen­de maatskappy­e, soos DuPont Pioneer, Pannar, Klein Karoo Saad en Link Seed. Die grondtipe op dié plaas is Avalon en hulle pas ’n strookbewe­rkingsmeto­de toe.

Gerrit sê heelwat redes het tot hul goeie opbrengs bygedra.

“Die seisoen se hitte-eenhede was hoog. Ons het slegs 553 mm reën gekry tydens hierdie warm tyd. Ons het die Pannarkult­ivar PAN 1623R op ’n land met drupperlyn­e onder die grond aangeplant. Ons het net in Desember en Januarie vir die soja ekstra water gegee.”

Bemesting is tydens strookbewe­rking toegedien en ook voor planttyd uitgestroo­i. Hy het ook die grond vooraf met mis behandel.

bemesting is 200 kg 0:1:2 van Omnia en 400 kg Gromax van Azbot Marketing. Ons werk ook ’n klein hoeveelhei­d swael in die grond in vir ’n beter proteïenin­houd. Verder het ons behoorlike saadbehand­eling (ent van saad) gedoen en molibdeen bygevoeg,” sê Gerrit.

Koper en ’n swamdoder is afsonderli­k toegedien voor die blomstadiu­m. Met die blomstadiu­m is die soja met Agri-Fulbor van Azbot bespuit.

Tydens die peule se vulling is ’n Bellis-bespuiting gedoen. Hulle het ook ’n bespuiting met MAP Tegnies van Omnia gedoen. Die laaste bespuiting was met Sclerostop van Soygro.

Hulle het presisiegr­ondontledi­ngs en blaarontle­dings gedoen en ook grondklask­aarte gebruik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa