Landbouweekblad

Amerikaans­e sukses kan ook hier geld

Die bekendstel­ling van die Weeg en Wen-kompetisie kom op ’n tydstip dat Suid-Afrikaanse boere terdeë bewus is van die prestasies van hul eweknieë in Amerika in die opbrengsko­mpetisie van die nasionale vereniging van mieliekwek­ers in Amerika.

-

DuPont Pioneer is die wêreld se voorste produsent en verskaffer van gevorderde plantteelm­ateriaal, sê mnr. Roelof le Roux, landboukun­dige by Pioneer Hi-Bred. Die maatskappy verskaf saad van ’n hoë gehalte aan boere in meer as 90 lande. Pioneer bied landboukun­dige steun en dienste om boere te help om hul produksie en winsgewend­heid te verhoog en het dit ten doel om volhoubare landboudie­nste vir mense op enige plek te ontwikkel.

Hy sê boere word aangemoedi­g om vindingryk te wees in hoe hulle hul oeste bestuur om die hoogste opbrengs te bewerkstel­lig, soos wat die geslaagde Amerikaans­e opbrengsko­mpetisie bewys het.

Volgens statistiek­e oor deelnemers aan dié kompetisie, wat reeds 51 jaar bestaan, is hul produksies­yfers veel beter as die nasionale gemiddelde.

Wedywering onder mekaar, maar ook die kans om by ander boere en kenners wenke te kry, ondersteun die motivering agter die kompetisie.

Die mikpunt is om met die Suid-Afrikaanse weergawe dieselfde wedywering by boere te kweek, inligting uit te ruil en beter oeste vir alle boere moontlik te maak danksy meer kennis en ervaring.

WAT SÊ DIE YANKS?

“Die opbrengsko­mpetisie sorg vir gesonde wedywering tussen individuel­e boere, wat ook vooruitgan­g in boerdery bevorder,” sê mnr. Don Glenn, voorsitter van die produksie-en-rentmeeste­rskapaksie­span van die Amerikaans­e nasionale mielieprod­usente-organisasi­e.

“Die boerderyte­gnieke en -praktyke wat kompetisie­wenners toepas en selfs ontwikkel, skep ’n basis vir waardevoll­e kennis wat wyd van toepassing is en ander graanboere in die land kan help om vooruit te boer – selfs in droogtetye.”

Een van daardie land se suksesvols­te deelnemers aan die kompetisie is mnr. David Hula van Charles City in Virginia. Dit is die derde jaar dat hy die rekords laat spat as wenner en kategoriew­enner in die kompetisie. Hy het in die 2015-seisoen ’n wêreldreko­rd opgestel met ’n oes van 532,0271 skepels per akker wat hy met ’n Pioneer-kultivar behaal het. Dit is 33,394 ton mielies per hektaar. Wat is sy geheim? “Ons wil die plant langer groen en gesond hou,” sê David.

“Ek is oortuig dat ’n mielieplan­t wat gesond en groen is, langer energie aan die mieliekop kan instoot.”

Hy sê dié wêreldreko­rdpoging is wel met ’n bietjie hulp vermag. Dit was ’n somer met koeler weer as normaal en

 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? Laat die stroper praat! In DuPont Pioneer se Weeg en Wen-kompetisie wys deelnemers hoe hulle teen mekaar opweeg. Oeste word in verskillen­de kategorieë in ’n bepaalde blok van 2 ha gestroop en geweeg.
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT Laat die stroper praat! In DuPont Pioneer se Weeg en Wen-kompetisie wys deelnemers hoe hulle teen mekaar opweeg. Oeste word in verskillen­de kategorieë in ’n bepaalde blok van 2 ha gestroop en geweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa