Landbouweekblad

Gemoedsrus wink by dié oorde

Die son trek water en ’n mens word ouer. Dink oor wat jy alles nodig het (en kan bekostig) en kies die regte woonplek.

-

Om ’n aftreeoord te kies is onderhewig aan ’n reeks vrae wat jy jouself of jou ouers moet afvra oor wat jou voorkeure is, maar ook wat jy regtig nodig het. Gebruik hierdie eerste Landbouwee­kblad-fokus op aftreebehu­ising en maak die regte keuse.

Aftreeoord­e verskil aansienlik ten opsigte van die beskikbare dienste en geriewe. Meer dienste hou ook ’n kostefakto­r in. As jy dus nie dadelik verswakteb­ejaardesor­g nodig het nie, kan jy dit eers van die keuselys afhaal.

’n Toesluitmo­torhuis, veiligheid­shekke, diefwering, ’n paniekknop­pie in die huis wat ook hulp kan ontbied in geval van ’n mediese noodgeval, omheining VAKANSIE, WOON & AFTREE en toegangsbe­heer tot die oord is veiligheid­skwessies waaroor jy behoort te vra.

Die sosiale faktore wat met kuierplekk­e, tuine, wandelroet­es, parkgordel­s, georganise­erde uitstappie­s en vermaak gepaardgaa­n, dra alles by tot lewensgeha­lte. As jy troeteldie­re het, vind vooraf uit of die oord troeteldie­rvriendeli­k is. Vra ook uit oor dienste, soos ’n haarkapper, verpleegst­er of dokter.

Eienaarska­p is dikwels beperk tot lewensreg, maar dit verskil van plek tot plek. Raadpleeg ’n makelaar of finansiële adviseur oor hierdie belegging in jou aftreejare.

Dink ook aan die toekoms. Die uitleg en ligging van die oord is dalk geen probleem terwyl jy gesond is nie, maar is dit geskik as jy begin moeilik loop of in ’n rolstoel is?

Kyk ook na die klein jakkalsies wat die wingerde kan verniel. Soms het oorde hordes reëls wat jou weer soos ’n koshuiskin­d kan laat voel. Ander kere is die bouwerk dalk nader aan brouwerk.

Op die volgende paar blaaie is artikels van oorde wat trots is op die gehalte van hul dienste, geriewe, wooneenhed­e en gemeenskap­pe. Vra die regte vrae en kies die ideale aftreeoord vir jou oudag.

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die Sonskyn-aftreeoord in Rustenburg, Noordwes.
FOTO: VERSKAF Die Sonskyn-aftreeoord in Rustenburg, Noordwes.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa