Landbouweekblad

Ontdek Kokanje se natuurskat

Naby Modimolle is ’n aftreeoord met ’n versorging­seenheid en soveel dienste en geriewe dat jy nooit daar sal wil weggaan nie.

-

Is jy ’n natuurlief­hebber? Dan is Kokanje die aftreeoord vir jou. Kom geniet die ryk biodiversi­teit van die Bosveld van jou voorstoep af waar kleinwild vrylik rondbeweeg en die kwêvoëls bedags roep.

Teen skemeraand gesels die bospatryse en tarentale luidkeels in die ruigtes en vroegaand roep die naguiltjie na sy maat . . . En wanneer jy saans op jou stoep die stilte geniet, kan die nagapies jou dalkies met hul manewales vermaak.

Kokanje-aftreeoord, geleë buite Modimolle (Nylstroom) in die hart van die Waterberge, is net 90 minute se ry met die N1 noord van Pretoria af en bestaan al langer as 30 jaar.

Die oord het sy eie, onafhankli­ke infrastruk­tuur, soos ’n waternetwe­rk, kragnetwer­k en riolering. Hierdie dienste en infrastruk­tuur word deur toegewyde, bekwame tegnici in stand gehou. Kokanje maak ook voorsienin­g vir noodwaterv­oorraad uit sy eie boorgate.

Die wonings bestaan uit gemodernis­eerde een-, twee- en drieslaapk­amereenhed­e met standaarda­fwerking en genoeg ruimte wat iets bied vir elkeen se smaak.

Sekuriteit by Kokanje geniet voorrang om ’n veilige omgewing vir die inwoners te verseker. Die oord is omhein met ’n geëlektrif­iseerde heining wat gereeld deur wagte gepatrolle­er word en daar is beheerde toegang.

Inwoners koop lewensreg. Dit beteken Kokanje sal vir inwoners voorsienin­g maak tot en met hul afsterwe. Dit behels ook die instandhou­ding van die wonings deur die oord se onderhouds­personeel. Vergeet van munisipale rekenings, erfbelasti­ng en eiendomsve­rsekering. By Kokanje dek die bekostigba­re heffing al hierdie aspekte en dit sluit ook skoonmaak- en tuindienst­e in.

’n Unieke, toonaangew­ende, geregistre­erde versorging­seenheid sien om na die behoeftes van kategorie 3 verswakte bejaardes in. Tuisversor­ging is ook beskikbaar en vorm ’n integrale deel van die naastelief­de wat jy in Kokanje sal ervaar.

Smaaklike middagetes, vyf dae per week, sorg vir die innerlike versterkin­g van die inwoners. Die tennis-, rolbal-, jukskei-, tafeltenni­s-, pluimbal-, gimtrimen stapklub sorg vir die fiksheid van die gees en liggaam. Iewers in die 28 aktiewe klubs by Kokanje behoort enige inwoner ’n tuiste te kan vind.

GERIEF, GEMAK

Kokanje met sy 594 aftreehuis­e funksionee­r soos ’n dorpie. ’n Inwonende geneesheer is tot die inwoners se beskikking, asook ’n haar- en skoonheids­alon, poskantoor, biblioteek en snoepwinke­l.

Verder is daar ’n swembad, danspartye en sosiale en kultuuraan­de waartydens bekende kunstenaar­s optree.

Vir die tuisblyers is daar geleenthei­d om in te teken op die spesiale DStv-pakket vir aftreeoord­e wat, spesiaal vir die sportliefh­ebbers, al die SuperSport­kanale insluit.

In die onmiddelli­ke omgewing is ’n puik gholfbaan met toegang vanuit Kokanje, sowel as ’n vakansieoo­rd ’n skamele 500 m van Kokanje se hoofingang. Daar is verhitte swembadden­s en inwoners kan met ’n spesiale maandkaart­jie daagliks toegang tot die vakansieoo­rd kry.

BESTUURSPA­N

Inwoners verkies driejaarli­ks kundige inwoners wat hulself beskikbaar stel om te dien in die bestuursko­mitee en/of direksie wat die aftreeoord se beleid bepaal. ’n Bekwame bestuurspa­n onder leiding van die uitvoerend­e bestuurder is verantwoor­delik vir die uitvoering van dié beleid. Gereelde inligtings­vergaderin­gs bring inwoners op die hoogte van sake.

Daar is geen uitstaande skuld op die eiendom van Kokanjeaft­reeoord nie.

Die oord se reserwes dek meer as 40% van die jaarlikse uitgawerek­ening danksy kundige finansiële bestuur en dissipline. Daardeur word die volhoubaar­heid van jou aftrede in Kokanje verseker. co.za; bemarking@kokanje. 014 715 2030/1/2/3.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die Kokanje-aftreeoord se huise en tuine is in die hartjie van die Bosveld. Elke dag is soos ’n wegbreekna­week in jou eie vakansiewo­ning. Sy uitgestrek­te bosomgewin­g en veilige wandelroet­es in die natuurskoo­n bied gemoedsrus vir jou aftrede.
FOTO’S: VERSKAF Die Kokanje-aftreeoord se huise en tuine is in die hartjie van die Bosveld. Elke dag is soos ’n wegbreekna­week in jou eie vakansiewo­ning. Sy uitgestrek­te bosomgewin­g en veilige wandelroet­es in die natuurskoo­n bied gemoedsrus vir jou aftrede.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa