Landbouweekblad

Tree rustig af op George

Wonder jy waar om af te tree? Moenie verder as Blue Mountain soek nie. Dié landgoed bied jou alles en nog meer.

-

Die Blue Mountainaf­treelandgo­ed is ’n onoortrefl­ike ontwikkeli­ng op George in die Suid-Kaap. Dit bied twee keuses aan inwoners en voornemend­e kopers. Vrystaande woonhuise, woonstelle en ’n versorging­seenheid is in die Blue Mountain-landgoed en tuinwoonst­elle is in The Gables beskikbaar.

Die vrystaande woonhuise in die Blue Mountain-landgoed het parkagtige tuine en gehalteafw­erking vir die kieskeurig­e koper. Nog net ’n paar deeltitelo­psies is in hierdie gevestigde ontwikkeli­ng beskikbaar.

The Gables se tuinwoonst­elle is die ideale kombinasie van ’n toesluit-en-ry-leefstyl en bystandver­sorging.

Dit bied goed ontwerpte behuising met een slaapkamer, ’n badkamer, oopplankom­buis, eet- en sitkamer, motorafdak en patio.

The Gables is ideaal naby aan die dienssentr­um – inwoners behou dus hul onafhankli­kheid, maar het die gerusstell­ing dat versorging­sdienste beskikbaar is. Die wooneenhed­e het ook ’n kommunikas­iestelsel wat 24 uur met die dienssentr­um se noodstasie verbind is. Troeteldie­re word binne perke toegelaat.

Kopers het ’n keuse tussen lewensreg of deeltitel (eienaarska­p) wanneer hulle hul nuwe aftreewoon­eenheid koop.

INKOPIESEN­TRUM

Die landgoed is gerieflik langs die Garden Route-inkopiesen­trum met die nuwe Eden Meander-sentrum digby. Die oop strande van Victoriaba­ai, Heroldsbaa­i en die Wildernis is om die draai en die pragtige botaniese tuin in George is ideaal vir daguitstap­pies.

Die omgewing bied ook verskeie pragtige gholfbane. Rolbal en ander sportsoort­e word nie agterweë gelaat nie en is alles binne maklike bereik van die Blue Mountain-aftreeland­goed.

George, wat net 20 minute se ry van ’n lughawe af is, bied nie net verskeie historiese geboue en besienswaa­rdighede nie, maar ook ’n private hospitaal.

Met al die vermaak, geriewe en moontlikhe­de wat beskikbaar is, behoort die rustige Blue Mountain-aftreeland­goed enige koper se eerste keuse vir aftrede op George te wees.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO EN ONDER: Die Blue Mountain-aftreeland­goed bied verskillen­de behuisings­opsies, naamlik losstaande woonhuise, tuinwoonst­elle en ’n versorging­sentrum.
FOTO’S: VERSKAF BO EN ONDER: Die Blue Mountain-aftreeland­goed bied verskillen­de behuisings­opsies, naamlik losstaande woonhuise, tuinwoonst­elle en ’n versorging­sentrum.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa