Landbouweekblad

HOENDERBOE­RE VAN SA EN VSA ‘KAN VENNOTE WEES’

- CARIEN KRUGER

DIE Suid-Afrikaanse en Amerikaans­e pluimveebe­dryf kan vennote wees om saam die robuuste geleenthed­e in Suider-Afrika te ontwikkel, sê sen. Chris Coons.

In Suid-Afrika is daar egter “wanbegrip en wankarakte­riserings” van die gehalte van Amerikaans­e hoender en Amerika se bedoeling om uitvoergel­eenthede te soek, het Coons in die Amerikaans­e deelstaat Delaware aan ’n besoekende groep Suid-Afrikaanse joernalist­e gesê.

Coons het by ’n verwerking­saanleg van Mountaire Farms, die sewende grootste geïntegree­rde pluimveepr­odusent in die land, met die groep gepraat.

Hy het in 2014 en 2015 hard baklei dat Suid-Afrika sy hoendermar­k oopstel vir die invoer van Amerikaans­e hoenderstu­kke aan die been, as voorwaarde om deel te kon bly van die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa).

Coons het gesê as politikus verstaan hy dat karakteris­erings plaasvind wanneer ’n debat baie warm is. “Dit is egter nou tyd om maniere te vind om mekaar te respekteer en saam te werk.”

Die pluimveebe­dryf is ’n baie belangrike deel van die ekonomie van Delaware, ’n klein staat aan die Amerikaans­e Ooskus.

“Ek is van ’n staat waar twee motoraanle­gte moes toemaak. Mense hier was ontsteld dat Suid-Afrika toegelaat word om (motorprodu­kte) tariefvry na Amerika uit te voer, maar die belangriks­te landboupro­duk (hoender) van my staat kon (weens teenstorti­ngstariewe) nie uitgevoer word nie.”

Ingevolge Agoa geniet Suid-Afrika tariefvoor­dele vir die uitvoer van sowat 1 800 produkte na Amerika.

Oor die hoenderkwe­ssie is sowat twee jaar lank onderhande­l. Dit het uiteindeli­k gelei tot ’n ooreenkoms dat 65 000 ton hoenderstu­kke aan die been in elke tydperk van 12 maande Suid-Afrika sonder teenstorti­ngstariewe mag binnekom.

Coons het gesê hy het gehoop ’n wen-wen-situasie sou vir albei lande bereik kon word, en dat daar ’n vennootska­psverhoudi­ng sou

BESTE MOERKWEKER ‘PRODUSEER VOLHOUBAAR’

BO: LINKS: ontwikkel het waarin vaardighed­e en tegnologie uitgeruil sou kon word, buitelands­e belegging sou plaasvind en geleenthed­e in die Suid-Afrikaanse pluimveebe­dryf verbeter sou word.

Amerika is volgens hom een van die wêreld se voorste pluimveepr­odusente wat sowat 20% van sy produkte uitvoer.

Hy beskou Suid-Afrika as “die anker” van die Suider-Afrikaanse streek en sê daar is byna onbeperkte potensiaal vir die twee lande se bedrywe om saam ’n robuuste pluimveebe­dryf in Suid-Afrika te ontwikkel.

“Pluimvee is die proteïen wat die meeste belofte inhou vir ’n honger vasteland en planeet.”

In albei lande is daar groot ongelykhed­e rakende toegang tot geleenthed­e en hulle kan by mekaar leer oor projekte wat gewerk het.

Coons het gesê hy verstaan die moeilike omstandigh­ede waarin die Suid-Afrikaanse pluimveebe­dryf weens die droogte en stygende invoer is.

“Miskien moet jul Regering die lande (van waar die meeste hoender ingevoer word) vra wat hulle doen sodat jul bedryf kan ontwikkel en mededingen­d raak”.

– Die mediagroep se toer na Amerika is deur die Amerikaans­e raad vir die uitvoer van pluimvee en eiers (USAPEEC) moontlik gemaak.

 ??  ??
 ??  ?? ’n Jong aartappelm­oerkweker van Tosca in Noordwes het stof in die oë van meer ervare moerkweker­s geskop deur die tweede keer in drie jaar aangewys te word as die Moerkweker van die Jaar. Mnr. JP van den Berg (28) van die plaas Buttermere was in 2014...
’n Jong aartappelm­oerkweker van Tosca in Noordwes het stof in die oë van meer ervare moerkweker­s geskop deur die tweede keer in drie jaar aangewys te word as die Moerkweker van die Jaar. Mnr. JP van den Berg (28) van die plaas Buttermere was in 2014...
 ??  ?? ’n Plaas in die Amerikaans­e deelstaat Delaware waar hoenders op kontrak vir die ondernemin­g Mountaire Farms grootgemaa­k word.
Senator Chris Coons.
’n Plaas in die Amerikaans­e deelstaat Delaware waar hoenders op kontrak vir die ondernemin­g Mountaire Farms grootgemaa­k word. Senator Chris Coons.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa