Landbouweekblad

R168M.- SUPERBUFFE­L

‘DÍS HOEKOM HY SOVEEL WERD IS’

-

Suid-Afrika het ’n nuwe superbuffe­l, Inala, ’n bul wat onlangs op die jaarlikse Thaba Tholo-wildveilin­g naby Thabazimbi teen R168 miljoen verkoop is aan ’n konsortium wildboere, onder wie die megaboer mnr. Piet du Toit. Dit was Piet wat tot op die bitter einde gebie het. Hoewel hy al laat deurskemer het dat daar groot planne vir Inala is, sê hy dat hy en sy vennote nog nie reg is om die besonderhe­de daarvan bekend te maak nie.

Een ding is egter seker: Inala gaan vir die volgende paar jaar ’n beduidende rol in die buffelmark speel. Die 55 duim-buffel Horison, waarin ’n 25% aandeel vroeër vanjaar teen R44 miljoen verkoop is, het reeds diep spore in die wildbedryf getrap.

Op die Bloodline-telersgroe­p se veiling vanjaar is Anita, ’n dogter van Suid-Afrika se eerste superbuffe­l, Matetsi, as drie-in-eenpakket teen R6,2 miljoen verkoop. Sy was dragtig van Horison en die veilingsaa­nbod was dat sy, nadat sy gekalf het, by hom kan loop totdat sy weer as dragtig bevestig word. Eers dan sal haar nuwe eienaars haar en haar kalf in ontvangs neem.

Mnr. Jacques Malan, wat Horison geteel en later teen R26 miljoen aan Piet en sy vennote verkoop het, het op die Bloodline-veiling R1,6 miljoen betaal vir ’n buffelkoei wat saam met Horison loop. Hy sal ontvangs neem sodra dragtighei­d bevestig word. Aurora, ’n dogter van Horison, het R2,1 miljoen gehaal.

BELEGGINGS­IN

Verskeie bewaringsg­esindes en leunstoelo­ntleders meen R168 miljoen is te veel om vir ’n buffel te betaal. Op die onlangse Natuurlewe­bestuursim­posium op Tzaneen het prof. Koos Bothma, voormalige direkteur van die sentrum vir natuurlewe­bestuur aan

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa