Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

- Suid-Afrika se avokadoboe­re gaan vanjaar sukkel om in plaaslike én buitelands­e vraag te voorsien ná Agri Wes-Kaap verwag dat die landbou in dié provinsie ingeperk sal word weens kommerwekk­end lae damvlakke. Waterbeper­kings is reeds in verskeie munisipali­t

NÓG SUIKERTAKS?

Die Tesourie wil sy voorgestel­de belasting van 20% op versoete drankies uit te brei na egte vrugtesapp­e, het die Tesourie verlede week aan Reuters gesê. “Baie gesondheid­skenners redeneer dat 100%-vrugtesap ook aan die belasting onderhewig moet wees, aangesien die natuurlike suikervlak wat dit bevat, dieselfde of baie soortgelyk­e negatiewe gesondheid­sgevolge inhou as dié van suiker wat by versoete drankies gevolg word,” lui ’n verklaring. Die Tesourie bespreek dié plan volgende maand op ’n vergaderin­g.

ALMAL SOEK AVO’S

’n uitdagende seisoen. Mnr. Derek Donkin van die bedryfsorg­anisasie Subtrop het aan Freshplaza gesê produsente het die afgelope seisoen 13,5 miljoen houers van 4,5 kg uitgevoer – sowat 54 000 ton. Hoewel dit meer is as verlede jaar se 50 000 ton, sou dit nader aan 2014 se 60 000 ton gewees het as hael nie groot dele van die oes vernietig het nie. Van volgende maand sal verskaffer­s avokado’s uit Spanje en Israel begin invoer weens beperkte plaaslike voorraad.

WES-KAAP DROOG UIT

“Die Wes-Kaap se vrugtebedr­yf, ’n belangrike uitvoerbed­ryf, is tans in die groeityd en voor-oesbesproe­iing is nou noodsaakli­k,” sê AWK se uitvoerend­e hoof, mnr. Carl Opperman. “Waterbeper­kings moes vroeër ingestel gewees het. Die perk op watergebru­ik is nou drasties en die uitwerking daarvan op die landbou kan enorm wees.”

HEFFINGS VIR SITRUS

Sitrusboer­e gaan van volgende jaar af ’n heffing aan die Sitruskwek­ersverenig­ing (SKV) moet betaal. Die heffing vir 2017 beloop 68c (BTW uitgesluit) per 15 kg-houer; 70c in 2018, 72c in 2019 en 74c in 2020. Dié heffing is vroeg verlede maand deur mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, goedgekeur en sal gebruik word om vir navorsing en marktoegan­g te betaal. Die nuwe heffing sluit ook nog geld in vir die SKV se ontwikkeli­ngsmaatska­ppy, ten einde “betekenisv­olle transforma­sie” te dryf, verbruiker­svertroue te verbeter, mark-intelligen­sie in te win en te werk aan vrugtegeha­lte en die kouekettin­g.

NAM KRY GM-WET

Nuwe regulasies wat GM organismes beheer, tree op 1 November in Namibië in werking. Dit reguleer alle navorsing, ontwikkeli­ng, produksie, bemarking, vervoer, aansoeke vir en enige ander gebruike van GM gewasse in die land. Die regering is tans besig om ’n GMO-toetslabor­atorium in te rig wat die opspoor van GMO’s plaaslik sal moontlik maak, berig Die Republikei­n. Die land se Nasionale Raad vir

JAGTE RY VRYSTAAT

’n Vlaag onwettige hondejagte in die Vrystaat het verlede week voortgeduu­r, met een raad-op boer van Steynsrus wat al R220 000 se skade gely het weens wild wat doodgebyt is. Hy sukkel elke naweek met onwettige hondejagte op sy plaas. Daar is verlede naweek verskeie voorvalle by Heilbron, Edenville en Arlington aangemeld. By Heilbron het verdagtes met sowat 30 honde toegeslaan. Boere het sewe verdagtes aangekeer wat saam met hul honde in ’n kamp met stoetbulle was, terwyl twee ander ’n huis geplunder het. By Edenville is een verdagte aangekeer en drie honde geskiet nadat ’n springbok doodgebyt is.

BID VIR REËN EN VREDE

Mnr. Angus Buchan (foto), die gewilde boerepredi­ker van Greytown, het die grootste sportstadi­on in die land bespreek sodat Suid-Afrikaners saam kan bid vir reën, vrede en orde in die land. Tot 120 000 mense word op 19 November in die FNB-stadion in Soweto verwag. ’n Groot televisies­kerm sal buite die stadion wees vir mense wat nie sitplek kry nie. Buchan reël ’n trein vanaf Johannesbu­rg na die stadion om verkeersre­ëlings te vergemakli­k. Hou landbou.com dop vir verdere reëlings.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa