Landbouweekblad

SPEKULEER AS JY WIL, MAAR ONTHOU, DIS ’N KONTAKSPOR­T

- MARLEEN SMITH

“HY het net geval en geval, en daar was geen sekerheid oor waar hy sou stop nie. ’n Klomp spekulante kon naderhand nie meer hul posisies dra nie.”

Só beskryf een verhandela­ar Safex se mieliemark oor die afgelope maande.

Net soos wat dit ’n produksiet­yd was wat hare op die tande geverg het, was die afgelope jaar se markrit ook nie een vir die wankelmoed­ige nie.

Eers het die witmieliep­rys op die Johannesbu­rgse beurs binne basies twee maande – vanaf middel November verlede jaar tot middel Januarie vanjaar – meedoënloo­s die hoogte ingeskiet: Van net bo R3 000 per ton tot amper R5 300 per ton.

Van daar het die afwaartse spiraal begin. In die volgende nege maande het ’n ton wit mielies ’n volle derde van hul waarde verloor, maar steeds grootliks bokant invoerpari­teit gebly.

Die geelmielie­prys het in dieselfde tyd met meer as 20% gedaal.

DRIE FAKTORE

In ’n stadium het drie faktore toevallig saamgespee­l om die skroef ekstra styf te draai: Die nuwe oes se lewerings het mark toe gekom, wat vir die gebruiklik­e prysdruk daardie tyd van die jaar gesorg het. Daarmee saam het die rand teenoor die Amerikaans­e dollar versterk en die Chicagomie­liemark, wat meren deels slaafs deur plaaslike pryse nagevolg word, het oor ’n relatief lang tyd afwaarts verhandel.

Aan produsente­kant, verneem Landbouwee­kblad, het ’n klomp boere hul mielies teruggehou in die hoop op nóg hoër pryse. “Wat hartseer is, is dat daar baie boere is wat nie hul droogtemie­lies teen R5 000 per ton verkoop het nie, en nog steeds nie verkoop het nie,” is een se presiese woorde.

Al dié faktore het, soos dit nou maar eenmaal gebeur wanneer ’n mark van die voorspelba­re en voorspelde paadjies afwyk (of sommer net pleinweg gatomswaai), vir hernieude bespiegeli­ngs gesorg oor of mielieprys­e op Safex nie net dalk gemanipule­er word nie.

KLEIN SKAAL

Verskeie ingeligtes en kenners by wie Landbouwee­kblad aangeklop het, is dit eens: Daar is geen aanduiding van onwettighe­de of ongerymdhe­de nie; dit is maar hoe ’n vrye mark werk.

Toegegee is die Safexmark ’n relatiewe buksie as hy met sy ouboet, die Chicagobeu­rs, verge lyk word. ’n Enkele groot koper kan soms die spierkrag hê om die prys in ’n rigting te druk.

Dit is nie noodwendig onwettig of onreëlmati­g nie, maar ’n berekende risiko wat hy bereid is om te dra, en op geregtig is.

RISIKO-OMVANG

Meer as een makelaar kla oor kliënte wat klaarblykl­ik nie altyd die risikoomva­ng van spekulasie op die Safexmark in berekening bring nie.

“Ons sit gereeld met die probleem van kliënte wat te groot transaksie­s wil doen. Hulle lewer argumentso­nthalwe 5 000 ton, maar wil 10 000 ton verhandel. En as die mark in ’n onverwagse rigting beweeg, het hulle nie altyd die kapitaal om uit hul posisie te kom nie.”

’n Ander se raad aan markdeelne­mers wat ook wil spekuleer: Besef dat ’n primêre funksie van die beurs vir “natuurlike” verkopers (produsente) en kopers (meulenaars) verskansin­g is, en nie noodwendig spekulasie nie. “As jy ook wil spekuleer, doen dit liewer op kleiner skaal.”

‘Ons sit gereeld met die probleem van kliënte wat te groot transaksie­s wil doen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa