DOHNE-MERINO SE HALFEEUVIERING OP HOOGTEPUNT AFGESLUIT
Die Dohne-Merino-skaaptelersgenootskap vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. Dit is op ’n gala-aand by die Rûens-kollege naby Bredasdorp herdenk. ’n Boek oor dié ras is ook vroeër vanjaar bekend gestel.
DIE Dohne-Merinoras moet getrou bly aan homself en sover moontlik by natuurlike boerderytoestande aangepas bly. Só het mnr. Koos Vosloo, voorsitter van die Dohne-Merino-telersgenootskap, op die vyftigjarige viering van die genootskap gesê.
“Die skaapras het spesifieke eienskappe en ons moet daarop klem lê en daarop bou. Die teelbeleid is doelgerig en eenvormig en gemik op aanpasbaarheid.”
Vosloo het die prestasies van die Dohne-Merino in die buiteland, onder meer in Australië, uitgewys. Ander lande waar die ras ’n stewige vastrapplek met behulp van telersgenootskappe het, is Uruguay, Argentinië, Chili, Peru en die Falkland-eilande. “Ons het die afgelope 50 jaar ’n hoë standaard gehandhaaf, en dit is ’n groot taak om dit so te hou.”
’n Volgende prestasie wat uitgelig is, is dat Dohne-Merinoramme vanjaar gereeld op interrasveilings, waaronder op die onlangse Oos-Kaapse veiling, teen die hoogste gemiddelde prys verkoop is.
Met verwysing na eienaarskap van die ras wat nie prysgegee moet word nie, het hy ’n beroep op die owerhede en die veeartsenykundige diens gedoen om by te dra tot die internasionale uitbouing van die ras. “Dit help nie ’n mens het die vermoë om aan die Olimpiese Spele deel te neem en jy kry nie die nodige spykerskoene nie.”
Tans belemmer dieregesondheidsvereistes Suid-Afrikaanse
geskryf het, sê geen ander skaapras kom naby die Dohne-Merino se produktiwiteit en winsgewendheid nie.
Embrio’s van die goed aangepaste Dohne, wat ontwikkel is in die strawwe Oos-Kaapse suurveld, is vir die eerste keer in 1988 na Australië uitgevoer. Die leidende rol wat mnr. Henri Londt en McMaster gespeel het om die ras in Australië en Suid-Amerika te ontwikkel, is ook beklemtoon.
Baanbrekernavorsing om die ras te ontwikkel, het van meet af aan by die Dohne-landbounavorsingsinstituut plaasgevind. Oom Koot (J.J.J.) Kotze, Barnie Barnard, Ortrud Steinhagen, André Fourie (konsultant en later betrokke by Voermol) verdien spesiale vermelding.
Mnr. Willie Henning, ouddirekteur van die Dohne-landbounavorsingsinstituut, het op BO: die gala-aand gesê navorsing gaan steeds voort en dat diere uit dié geskiedkundige stoetery deurlopend beskikbaar gestel word aan die opkomende boerderygemeenskap in die Oos-Kaap. –
Lees ook die artikel “Halfeeu van Dohne-Merino’s” (LBW, 1 Julie 2016).